Die Eerste Droom – deel 1- Vicky in Geeste Portaal

Die droom is telkens byna dieselfde as haar vorige nag se droom, maar dit wat Vicky in haar drome sien, aand vir aand, raak al hoe eienaardiger.
Die drome het vir Vicky so realisties gevoel, dat sy elke detail van hierdie drome, presies kon onthou. Die drome was egter nie die soort waar Vicky haar aksies in haar droom kon beheer nie.
Die drome begin altyd waar Vicky na haar slaapkamer toe stap.
Wanneer Vicky haar slaapkamer binne stap sien sy dat al haar besittings wanordelik oor die vloer gestrooi lê. Die vertrek is egter heeltemal die teenoorgestelde as wanneer sy wakker is, maar dit voel vir haar normaal.
In die werklike lewe is Vicky egter ñ perfektionis.
Haar kamer is altyd netjies en elke ding is op sy plek. In haar droom is die TV teen die linkerkantste muur, altyd aan maar dit maak eienaardige beelde en statiese geluide, todat sy die deur agter haar toemaak.
Daarna begin daar ñ eienaardige fliek op die TV speel.
Die fliek begin altyd met ñ smal klipperige paadjie wat kronkelend deur die woud gaan en dan eindig voor ñ boom. Hierdie boom lyk vir Vicky soos die kruising tussen ñ kremetart en ñ avokado boom.
Elke aand word die detail van hierdie droom meer gespesifiseerd en eienaardiger.
©Flamingcrystal (Marlaine Lloyd)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s