Die eerste eienaardige droom – Deel 2 – Geeste Portaal

Die eerste aand wat Vicky hierdie droom gehad het, het die fliek begin met die klipperige paadjie wat kronkelend deur die woud gaan. Vicky het haar nie aan die fliek gesteur nie, en die TV afgeskakel.
In haar droom sien sy haarself voor haar studeer tafel sit, met die wiskunde handboek oop daarop.
Vicky sit en luister na musiek terwyl sy studeer. Sy tok-tok ritmies met ñ pen in haar een hand en ñ potlood in haar ander hand, op die maat van die pop/rock liedjie “Royals’ van die jongste pop sensasie Lorde, langsaan die wiskunde handboek op haar studeer tafel.
Dit het vir Vicky gevoel asof sy wakker was.

Niks, noemenswaardigs gebeur, in haar droom nie. Vicky het wakker geword, en elke detail van haar droom onthou. Sy het gedink dat haar droom maar uiters vervelend was.

Vicky het heel uitgerus, gevoel.

Sy het vinnig deur die stort gaan spring, aangetrek, en by die huis uitgestorm. Vicky se ponie-stert wip op en af, soos wat sy hardloop om betyds by die bushalte, ñ klein entjie vanaf hulle huis, te kom.

Die skoolbus wag net 5 minute voordat dit vertrek.

Vicky was egter te laat, en die bus het sonder haar vertrek. Haar moeder was briesend omdat Vicky soveel tyd in die badkamer verspil het, en daarom te laat was vir die bus.

Haar Moeder, Angelique, het omtrent haar toys uit die kot gesmyt omdat Vicky laat was, en haar toe self met hulle ou tweede-handse Toyota Tazz skool toe geneem.

Daardie oggend, het sy vir Vicky omtrent ñ oor-vol gegee.

Vicky het haar oë gerol, toe Angelique so gal af gaan.
Sy het haar, skouers opgetrek. Sonder om haar verder aan haar ma te steur, het Vicky haar MP3 speler se gehoor stukkies in haar ore gedruk, sodat sy tog net ontslae kon wees van haar ma se genjaf-njaf.

Sedert haar vader hulle letterlik en figuurlik op straat gesmyt het, 3 jaar gelede, voel dit vir Vicky asof haar ma die hele tyd net wil bitch en moan oor alles.
©Flamingcrystal (Marlaine Lloyd)

Posted from WordPress for BlackBerry.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s