Die Tweede Droom – Vicky in Geeste Portaal

Die tweede aand, vorder Vicky se droom. Die fliek begin weer op die TV speel en hierdie keer kon Vicky sien dat die klippe van die paadjie verskeie groottes is, maar dat dit almal rond is. Die paadjie na die boom toe word langer. Die boom se bas kry dieper groewe in.
Weereens skakel sy die TV af.
Vicky sien haarself weer voor haar studeer tafel sit, en hierdie keer is die wiskunde handboek oop op blady 77. Sy sien hoe sy met die potlood van die gedeeltes op hierdie bladsy onderstreep.
Ongeveer ñ uur later hoor sy hoe die TV vanself aan skakel, reg agter haar en Vicky skrik haarself yskoud.
Sy is egter heel dapper en met ñ vingertjie wat effens bewe, wys sy na die TV en sê “Ag nee magtig! Gedra jou, ek moet my huiswerk, klaar maak. Hou op om my, te pla!”
Asof die TV haar bevel gehoorsaam, skakel dit skielik af, en daar heers nou ñ doodse stilte in die vertrek.
Die volgende oggend het Vicky minder uitgerus as die vorige oggend wakker geword. Sy voel half dood, op haar voete.
Vicky, kry nie gekonsentreer, in die klas nie. Sy dink, die hele tyd aan haar droom.
“Vicky ek praat met jou!” Hoor sy skielik die woedende stem van haar Wiskunde onderwyser, en Vicky, val amper van haar, stoel af soos wat sy skrik.
Ag hel, vir wat gaan Ou Wit Rot vandag so gal af? Wonder sy kliphard. Die hele klas bars uit van die lag.
Vicky het nie besef dat sy, hardop gedink het nie.
Die onderwyser het die bynaam gekry omdat hy spierwit hare, en spierwit wenkbroue, en uitermate-groot voortande het.
Henk het al vantevore gehoor dat die skool kinders hom ñ bynaam gegee het, maar niemand was nog ooit braaf genoeg om aan hom te sê wat hulle hom, agter sy rug genoem het nie.
Hy is vies, dat sy top student, vandag haar aandag by ander dinge as haar skool werk bepaal.
Toe sy hom, so blatant voor die res van die klas, op sy bynaam genoem het, voel hy lus en skud haar dat haar tande klap.
Verbeel jou, ñ wit rot. Onmiddelik, gloei sy ore bloedrooi, van woede.
Henk, jaag haar, by sy klas uit.
Vicky hou niks van Henk nie. Waarom weet sy nie, maar iets omtrent hom laat haar hare rys…
Vicky gryp haar boeksak en onderwyl sy by die deur uit stap, grinnik sy en trek skewebek vir Henk, wat met sy rug na haar toe staan.
Die klas bars weereens uit van die lag, en Henk vlieg om. Vicky was egter alreeds by die klas se deur uit.
Die ure sleepvoet verby. Uiteindelik lui die skool se sirene wat die einde van die skool dag aankondig. Vicky kon nie vinnig genoeg by die huis kom nie.

Posted from WordPress for BlackBerry.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s