Angela brom onderlangs dat sy na geen mansmens se pype dans of sy bevele volg nie.

http://www.amazon.com/dp/B00HGWKK2I
Dejavu Kopiereg Flamingcrystal
Alle stories begin altyd met lank lank gelede, hierdie storie gaan oor ñ hedendaagse vrou wat eendag met ñ skok besef het dat sy baie eeue gelede reeds geleef het.
Angela is ñ fyngeboude rooikop vroutjie met groen oë, glad nie op haar mond geval nie en met ñ humorsin en bypassende humeur wat skrik vir niks.
Terwyl sy eendag in haar kantoor sit, kom David, ñ vriend van haar daar ingestap, hy is ñ enorme, ou lummel van ñ mansmens, bruin gebrand van die son en alewig met ñ hoed op sy kop.
Angela wonder of hy dalk met die hoed bad.
Sy wonder wat hy nou daar in haar kantoor kom soek, hy besit die vermoë om haar briesend te maak en terg haar altyd aspris net om te sien hoe sy haar wip en hoe haar oë ñ donkerder groen skakering aanneem wanneer sy kwaad raak.
Hy plak hom op ñ stoel oorkant haar neer “steek uit albei jou hande met die palms na bo gekeer na my en hou jou hande stil”beveel hy haar.
Sy gee ñ frons lig haar wenkbrou en gluur hom aan, hy sê “ag vlam los nou jou geitjiegatgeit vir ñ minuut en doen wat ek sê!”
Angela brom onderlangs dat sy na geen mansmens se pype dans of sy bevele volg nie! Hy lag “ek het jou gehoor okay, steek nou asseblief jou hande uit na my en maak toe jou oë!”
Angela dink ag wat laat ek maar doen wat hy sê dan raak ek gouer van hom ontslae, steek haar hande uit palms na bo en maak haar oë toe.

Posted from WordPress for BlackBerry.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s