As ander mense sien wat jy doen gaan hulle jou van heksery beskuldig en dan word jy op die brandstapel gebrand

Kopiereg Flamingcrystal – Dejavu.
Angela het toe sy ñ klein dogtertjie was, haar vinger bokant ñ potlood wat sy regop neergesit het, gehou en sonder om daaraan te raak die potlood in die rondte laat spin.
Angela se moeder het dit gesien en haar op die hand geklap en gesê “my kind dit is duiwelse dinge los dit as jy weet wat goed vir jou is, anders slaan ek die rook uit jou boudjies.”
“As ander mense sien wat jy doen gaan hulle jou van heksery beskuldig en dan word jy op die brandstapel gebrand”.
Angela se moeder het haar so goed die skrik op die lyf gejaag dat Angela besluit het om nooit weer voor haar moeder so iets aan te vang nie.
Later toe Angela groter was, het sy opgelees oor die onderwerp van die beweging van voorwerpe deur jou gedagtes te laat fokus op ñ voorwerp en dit te laat beweeg.
Daar is heelwat mense wat dit baie beter as Angela kon doen. Sy was nog maar in die baba stadium met hierdie dinge.
Van toe af, het Angela toegesien dat niemand haar dophou wanneer sy voorwerpe probeer rondspin of rondbeweeg met slegs die krag van haar gedagtes alleen nie.
Angela het heelwat onsigbare maatjies gehad waarmee sy gespeel het, en wanneer haar moeder gevra met wie sy gepraat het, dan het Angela gesê “ag ma, sien ma dan nie my maatjies nie?”
Angela se vader het altyd net stilweg geglimlag en vir Angela se moeder gesê “ag vrou los die kind! Sy het ñ baie goeie, verbeelding.”
David vertel haar dat hy die insident met die potlood gesien het en haar gedagtes gelees het onderwyl sy haar oë toegehou en haar hande onder syne gehou het.
Sy kyk hom, aan. Sy bly ñ hele ruk stil, en komende van Angela, is stilbly ñ geweldige prestasie.
David sê vir haar “jy reis buite jou liggaam, soms in jou drome, soms terwyl jy dagdroom.”
“Wanneer jy buite jou liggaam reis voel dit vir jou asof jy vlieg en net voordat jy wakker word droom jy van ñ diep put en word wakker met ñ harde slag voordat jy die bodem daarvan tref, dit gebeur wanneer jou astrale liggaam terugkeer in jou werklike liggaam in!”
Kopiereg Flamingcrystal, Dejavu.
http://www.amazon.com/gp/aw/d/B00HGWKK2I

Posted from WordPress for BlackBerry.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s