Vicky skop haar skool skoene uit dat dit met ñ boog deur haar slaapkamer vlieg. Die een skoen tref die TV. Die ander skoen tref die musiek speler. Flippit! Dit is glad nie waarheen ek gemik het nie, dink Vicky verbaas.

Skielik voel dit vir haar asof onsigbare hande rondom haar keel vou en haar begin wurg.
Vicky hyg na asem, maar sy weier om bang te raak.
Sy kners hoorbaar op haar tande en bal haar hande in vuiste. Vicky slaan met haar vuisies teen die onsigbare hande rondom haar keel.
Asof die gees Vicky se hardkoppigheid en bravade kon aanvoel, verslap dit meteens die greep, rondom haar keel, en Vicky kon nou weer vrylik asemhaal.
Die oomblik toe die onsigbare hande hul greep om haar nek verslap, hou die musiek op met speel.
Die TV maak nou slegs statiese geluide, daar is niks op die skerm nie. Vicky slaak ñ sug van verligting, dat ‘hulle’ kon aanvoel dat sy nie bang is nie. Sy dink dankie tog, hulle het nou die aftog geblaas, en gaan my nou in vrede laat.
Altans só het Vicky, gehoop…
Vicky skop haar skool-skoene uit dat dit met ñ boog deur haar slaapkamer vlieg.
Die een skoen tref die TV. Die ander skoen tref die musiek speler. Flippit! Dit is glad nie waarheen ek gemik het nie, dink Vicky verbaas.
Onmiddelik skakel die TV en die musiek speler weer aan.
Oorverdowende statiese geluide, kom uit beide. Daarna begin dieselfde fliek met die eienaardige boom op die TV wys, en dieselfde liedjie Dream a little dream of me op die musiek speler.
Hierdie keer klink die agtergrond musiek vanuit die TV boosaardig, byna soos donderweer.
Die dream woord in die liedjie klink asof dit vashaak op die ‘e’ en klink vir Vicky so: dr-eeeee- en het so ñ hoë frekwensie, dat dit vir Vicky voel asof haar oordromme daarvan wil bars. Vicky druk haar hande, oor haar ore.
Dit help, nie. Die klank uit die musiek sentrum sny deur murg en been.
Vicky raak lighoofdig van die geluid. Sy gaan sit op haar bed en vou haar kussing oor haar kop. “Hou op, hou op, hou op!” Gil Vicky, woedend.
Hierdie keer, hou dit nie op nie.
Vicky voel hoe iemand haar optel en haar na die TV toe dra. “Sit my neer, jou vertraagde idioot!” Beveel Vicky, al skoppende en skreeuende. Vicky sien hoe die gesigte in die boom op die TV se skerm vir haar grynslag.
Angelique hoor die geluid van donderweer wat uit Vicky se kamer kom, en die harde hoë frekwensie van die Cd wat vashaak. Daarna hoor sy, haar dogter se gille.
Sy hardloop dadelik na Vicky se slaap kamer. Angelique ruk die deur van Vicky se kamer oop, en geskok sien sy hoe Vicky al sittende deur die lug vlieg, reguit na die TV toe. Angelique se hare rys.
Kopiereg Flamingcrystal
Geeste Portaal (Afrikaans Edition)#Magic #GhostRevenge #Paranormal

http://www.amazon.com/dp/B00MFS3ZZM

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s