Iemand haat haar só erg, iemand wat nie sal skroom om enige iets te doen, om te verhoed dat sy ooit weer saam met die man sou wees wat haar hele hart en haar liggaam besit!

Dejavu & Destiny: Boek 1 en Boek 2: Romantiese Weergawe (Afrikaans Edition)
By Flamingcrystal

Hierdie boek gaan binnekort gratis beskikbaar wees!!!

Beskrywing:
Romantiese weergawe, bevat nie dieselfde warm erotika van die vorige uitgawe nie. Geskik vir lesers wat daarvan hou om meer aan die verbeelding oor te laat…en minder te bloos!

Wat presies het daardie dag dag gebeur? Wat het so ñ merkwaardige invloed op Miysis gehad, dat hy net eenvoudig nie kon aanbeweeg nie? Daar word n skokkende geheim onthul…

Iemand haat haar só erg, iemand wat nie sal skroom om enige iets te doen, om te verhoed dat sy ooit weer saam met die man sou wees wat haar hele hart en haar liggaam besit!
Dejavu en Destiny is ñ fantasie novel wat towerkuns, astrale teleportering, reïnkarnasie en minder skakerings van blosende pienk bevat.

In Dejavu maak ons kennis met Angela.

Angela ontdek haar gawe van telekinesis en astrale teleportering. In ñ astrale reis, praat Angela in ñ vreemde dialek met David. Hulle vind uit dat sy in haar vorige lewe Ishtar van Egipte was.

Uit nuuskierigheid doen Angela en David ñ astrale reis daarheen, en loop hulle vas in Miysis, Angela se sielsgenoot en minnaar, uit haar vorige lewe.

Anubis verskyn op die toneel. Hy herken die sleutel wat die deur van die onderwêreld kon oopsluit, aan die ketting rondom Angela se nek.

In Destiny maak ons kennis met Beryl.

Beryl was in haar vorige lewe Angela asook Ishtar van Egipte.

Beryl se moeder, Anchen het kort voor Beryl se geboorte ñ eienaardige sleutel in ñ ou Antieke winkeltjie, ontdek… Die kop van hierdie sleutel was egter leeg en dit was duidelik dat daar voorheen iets binne die kop van die sleutel was.

Beryl word gebore met ñ magisterium-steen vasgeklem in haar handjie. Tot Anchen en Patrikios se verbasing, pas die magisterium-steen perfek binne die sleutel.

Hierdie sleutel wat die onderwêreld kon oopsluit, het voorheen aan ñ ketting rondom Angela se nek gehang…

Hy het Beryl onder die wanindruk gebring dat hy lief is vir haar, maar hy is nie. Hy weet nie wat die woord liefde beteken nie.

Hy is ñ wrede, hartelose en manipulerende parasiet.

Beryl is pragtig, innerlik en uiterlik, Sy is goedhartig en slim. Hy is nie… Hoekom haat hy haar so? Al wat sy wou hê was liefde…

Omtrent die Skrywer:
Flamingcrystal (Marlaine Lloyd) woon tans in Pongola, in Kwazulu Natal Suid-Africa. Sy het ñ BA Graad in Kleinhandel Bemarking. Flamingcrystal het 2 pragtige dogters, die lig in haar lewe. Sy geniet dit sedert haar skool dae om stories te skryf. Flamingcrystal skryf fantasie, (soms met skakerings van bloos) maar verkies paranormale en riller stories sonder erotika. Sy is ñ ASMSG‬ lid. Sy is Afrikaans sprekend hoewel sy vlot Engels kan praat. Flamingcrystal het grootgeword op ñ plaas in die Vrystaat, waar haar ouers nog steeds woon.

Flamingcrystal Author
http://www.amazon.com/-/e/B00HMJYX8M

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s