Niemand sou haar glo, indien sy hulle dit sou vertel nie. Veral nie wanneer so iets op dieselfde dag as Halloween gebeur het nie.

©Kopiereg Flamingcrystal

Iets Bonatuurliks Gebeur. Deel 2 uit Geeste Portaal.

Hierdie keer was Vicky helder wakker, en het nie gedroom dat sy haar kamer deur oop maak nie.

Haar TV en musiek speler is aan. Dit was beslis nie aan toe sy netnou kombuis toe gestap het nie.

Haar TV is nou skielik teen die oorkantste muur, aan die regterkant van die vertrek, en die musiek speler staan bo-op haar studeer tafel. Voordat sy nog haar kamerdeur kon toemaak, begin die fliek op die TV te wys.

Die woud lyk onheilspellend.

Vicky skakel dadelik die TV en die musiek speler af. Dit, gaan egter onmiddellik weer aan!

Vicky skakel dit 4 keer af, en al 4 kere gaan dit net weer vanself aan. Vicky gil “Genoeg is genoeg, verdomp” en sy ruk die krag proppe van die TV en die musiek speler by die muur se skakelaar uit.

Selfs sonder dat dit by die kragprop ingeprop is, skakel die TV en die musiek speler Weereens aan. Die liedjie wat vanuit die musiek speler kom, is Dream a little dream of me.

Dit klink vir haar na een van Doris Day se liedjies.

Vicky, besit geen Cd van Doris Day, nie. Haar moeder hou van Doris Day se outydse liedjies, maar selfs sý besit nie hierdie spesifieke Cd nie.

Die ronde kleur-kaart wat teen haar muur hang swaai verwoed al in die rondte. Dit voel asof die kleur-kaart haar wil hipnotiseer. Die kaart spin nou so vinnig in die rondte dat Vicky net 2 kleure kon eien.

Wit en swart: ‘good & evil’ dink Vicky.

Instede van bang te wees, is Vicky nou so woedend, dat haar ore daarvan gloei.

“Is julle vertraag of wat, stop nou dadelik hierdie nonsens, ek is nie bang vir julle of enige van julle soort nie” skreeu Vicky terwyl sy vanaf die TV na die musiek speler kyk.

Skielik voel dit vir haar asof onsigbare hande rondom haar keel sluit en dit haar begin wurg.

Vicky hyg na asem, maar sy weier om bang te raak.

Sy kners hoorbaar op haar tande en bal haar hande in vuiste. Vicky slaan met haar vuisies teen die onsigbare hande rondom haar keel. Asof die Gees Vicky se hardkoppigheid en bravade kon aanvoel, verslap dit meteens die greep, rondom haar keel, en Vicky kon nou weer vrylik asemhaal.

Die oomblik toe die onsigbare hande hul greep om haar nek verslap, hou die musiek op met speel.

Die TV maak nou slegs statiese geluide, daar is niks op die skerm nie.

Vicky slaak ñ sug van verligting, dat ‘hulle’ kon aanvoel dat sy nie bang is nie. Sy dink dankie tog, hulle het nou die aftog geblaas, en gaan my nou in vrede laat.

Altans só het Vicky, gehoop…

Vicky skop haar skool skoene uit dat dit met ñ boog deur haar slaapkamer vlieg. Die een skoen tref die TV. Die ander skoen tref die musiek speler. Flippit! Dit is glad nie waarheen ek gemik het nie, dink Vicky verbaas.

Onmiddelik skakel die TV en die musiek speler weer aan.

Oorverdowende statiese geluide, kom nou uit beide. Daarna begin dieselfde fliek met die eienaardige boom op die TV wys, en dieselfde liedjie Dream a little dream of me op die musiek speler.

Hierdie keer klink die agtergrond musiek vanuit die TV boosaardig, byna soos donderweer.

Die dream woord in die liedjie klink asof dit vashaak op die ‘e’ en klink vir Vicky so: dr-eeeee- en het so ñ hoë frekwensie, dat dit vir Vicky voel asof haar oordromme daarvan wil bars. Vicky druk haar hande, oor haar ore.

Dit help, nie.

Die klank uit die musiek sentrum sny deur murg en been.

Vicky raak lighoofdig van die geluid.

Sy gaan sit op haar bed en vou haar kussing oor haar kop. “Hou op, hou op, hou op!” Gil Vicky, woedend.

Hierdie keer, hou dit nie op nie.

Vicky voel hoe iemand haar optel en haar na die TV toe dra. “Sit my neer, jou vertraagde idioot!” Beveel Vicky, al skoppende en skreeuende. Vicky sien hoe die gesigte in die boom op die TV se skerm vir haar grynslag.

Angelique hoor die geluid van donderweer wat uit Vicky se kamer kom, en die harde hoë frekwensie van die Cd wat vashaak. Daarna hoor sy, haar dogter se gille.

Sy hardloop dadelik na Vicky se slaap kamer.

Angelique ruk die deur van Vicky se kamer oop, en geskok sien sy hoe Vicky al sittende deur die lug vlieg, reguit na die TV toe. Angelique se hare rys. Koue rillings beweeg teen haar ruggraat af. Angelique word yskoud toe sy besef dat hier iets bonatuurliks aan die gebeur is. Angelique is so geskok dat sy nie ñ woord kon uitkry nie.

Sy storm nader aan haar dogter.

Angelique wou Vicky vas gryp, en haar terug vloer toe trek. Voordat sy Vicky kon bereik, sien Angelique hoe een van die 2 gesigte van die boom op die TV se skerm, sy mond wawyd ooprek, en hoe dit vir Vicky insluk.

My kind – Oh my kind! Snik-huil, Angelique, geskok.

Met haar hand voor haar mond geslaan, en met grootgerekte oë staar Angelique na die TV se skerm. Daar wys nou, geen fliek nie. Die skerm is pikswart.

Geen musiek, speel nie. Daar heers ñ onnatuurlike stilte, in die vertrek. Angelique kon haar oë, nie glo nie. Dit is onmoontlik. Só iets kon nie gebeur, het nie.

Niemand sou haar glo, indien sy hulle dit sou vertel nie. Veral nie wanneer so iets op dieselfde dag as Halloween gebeur het nie…

Meteens sien Angelique ñ reuse groen skoenlapper, by die oop slaap kamer venster invlieg. Dit klink asof die skoenlapper sy vlerke al koggelende klap, terwyl dit na die TV vlieg. Die skoenlapper gaan sit bo-op die TV.

Angelique sien dat die skoenlapper swart vlekke op sy vlerke het. Sy het nog nooit vantevore hierdie soort skoenlapper gesien nie. Dit lyk asof die skoenlapper meewarig vir haar glimlag.

Angelique gluur die skoenlapper aan. Die skoenlapper rol sy oë. Daarna gee dit so ñ selfvoldane grinnik.

Angelique is oombliklik woedend. Hoe kon hierdie ding vir my lag, terwyl ek in so ñ toestand oor my dogter se verdwyning is dink sy.

Angelique gryp die wiskunde handboek van Vicky wat op die studeer tafel lê, en stap vasberade daarmee na die TV toe.

Angelique wil die skoenlapper vermorsel.

Toe sy die handboek oplig om die skoenlapper daarmee te slaan, vlieg die skoenlapper buite haar bereik. Angelique hoor skielik ñ stem wat iets fluister. Sy, kyk rondom haar maar sien, niemand. Angelique kyk terug na waar sy die skoenlapper vantevore gesien het, maar dit is nou skoonveld.

Angelique gaan sit op Vicky se bed. Sy neem Vicky se gunsteling teddiebeer, wat bo-op die kussing lê en hou dit styf teen haar vas. Angelique, voel aan dat haar dogter lewe.

Ek gaan haar soek, en ek sal haar terugbring, al is dit die laaste ding, wat ek op hierdie aarde, doen. Besluit sy, daar en dan.

Die boom en die skoenlapper is vasgeprent in haar geheue. Angelique stap vasberade by Vicky se kamer uit, en gaan haal haar selfoon wat op die kombuis se tafel lê.

Sy gaan dadelik in op Google en gaan soek na ñ soortgelyke skoenlapper, as die een wat daar in Vicky se kamer was, en na daardie eienaardige boom, wat sy op die TV se skerm gesien het.

Ure later, is Angelique byna raadop, half moedeloos, en erg, gefrustreerd. Haar Google soektog, het tot dusver geen resultate opgelewer nie.
~~~~
Word Vervolg – Gedeelte 3

Flamingcrystal Author
http://www.amazon.com/-/e/B00HMJYX8M

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s