Die swaard en die rottang.

Ek is in die middel van die park. Daar is swaaie, glyplanke en rondomalies waarop kinders bedags speel.

Eers sien ek hoe vier mense die twee jong vrouens martel. Al vier hierdie aanvallers het swart pette op.

Om die beurt verkrag die twee mans die vrouens wie se hande en voete met silwer kleef band vasgemaak is, terwyl die derde man met ñ swaard gate oral in al die spiere van die vrouens steek.

Kort kort haal die een met die swaard sy pet van sy kop af om die sweet daarmee van sy voorkop af te vee. Hy is lank. Ses voet iets. Hy het lig blou oë. Sy hare is kortgeskeer. Soos ñ ou wat besig is om bles te raak en dit wil verbloem.

Die ander persoon is nie so groot gebou soos die res van die mans nie, en het ñ masker op.

Soos die tipe maskers wat mens na ñ maskerbal dans dra, wat jou oë beklemtoon en die res van jou gesig wegsteek.

Daardie persoon het hazel groen oë. Byna dieselfde kleur as myne maar sonder die goudspikkels in myne.

Die een met die masker het ñ rottang in die hand. Dit is ñ soepel, buigsame swart rottang met ñ ivoor handsvatsel.

Dieselfde tipe handsvatsel as dié van die swaard.

So asof dit ying yang is en bymekaar pas. Mekaar aanvul. Saam geskep is. Albei veroorsaak verskillende tipes pyn, die een hits die ander aan…

Ek sien dat die blonde vrou reeds dood is maar die twee verkragters gaan nogsteeds aan, sy is soos die vulsel van ñ toebroodjie vasgeknyp tussen die twee mans. Een bo op en een onder haar. Hul gee nie om dat sy alreeds dood is nie! Terwyl haar vleis nog warm is…

Ek sien hoe die een met die rottang die een met die swaard aanhits om weer die jong vrou met die lang swart hare met die swaard te steek.

Hy begin om die swaard deur sy slagoffer se kuite te druk, dan hits die een met rottang hom aan, gee hom ñ paar houe oor sy sitvlak en ek sien hoe dit hom ñ ereksie laat kry, elke keer wat hy die swaard deur die vleis van die vrou druk kry hy ñ verdere paar houe oor sy liggaam.

Sy oë raak grysblou en glasig van genot.

Hy het die swaard 60 keer deur die lyf van die vrou gedruk, hy tel hardop elke steekslag af.

Die vrou begin nou stuiptrekkings te kry. Haar rug trek krom soos die sekelstert van ñ bedreigde kat.

Ek sien hoe die swaard se lem nog ñ paar keer op verskillende plekke deur haar heupe en sye sny. Hoe hy dit aspris baie stadig sentimeter vir sentimeter die lem in haar druk en nog stadiger uit trek.

Die een met die rottang slaan die ou met nou oor sy hande en daarna oor sy voete.

As teken om te stop.

Hy hou dadelik op.

Die persoon met die rottang verwyder die masker en die pet en gooi dit op die grond neer. Lang roesbruin krullerige hare tuimel na benede.

Ek verstar geskok toe ek sien dat dit ñ vrou is.

Hy kniel en plaas die swaard langsaan hierdie vrou se voete neer. As teken dat hy nou heeltemal aan haar genade uitgelewer is.

Sy gooi die rottang langsaan sy swaard neer, gryp die man aan sy ore, ruk hom orent; nader aan haar en soen hom met ñ passie wat vensters sou kon laat toe wasem.

“Kom ons gaan huistoe” sê die man so tussen die soene deur.

Die vrou knik haar kop, en loer na die swaard en na die rottang. “Los dit, hulle ken die pad terug na hulle base” antwoord die man.

Daarna hardloop hulle hand aan hand van die toneel af weg.

Ek sweef bo-oor die twee vrouens en sien dat die swarthaar vrou se borskas nog steeds liggies beweeg soos wat sy asemhaal.

Die ander blonde vrou wat dood is, se verkragters het die pad gevat terwyl my aandag op die man en vrou se gevryery gevestig was.

Dit is skielik pikdonker en groot reëndruppels plof neer wat die stof met so ñ harde slag tref dat dit opskiet boontoe en my in die gesig tref.

Ek moet die aanvallers kry, maar eers wil ek hulp kry vir die aangerande vrou wat nog lewe.

Daar is nou geen bakens sigbaar nie.

Daar is te veel grondpaaie, bokspoorpaaie en deur mense getrapte voetpaaie en alles lyk dieselfde in die donker.

Ek vra God om my hand te vat en my te lei waarheen ek moet gaan, en voel hoe my regterhand gevat word.

Ek vlieg laag oor die bome en kom by n plek waar vier paaie voor my lê. Ek kyk na heel linkerkantste pad en voel hoe my hand yskoud word.

Dadelik voel ek aan dit is nie die rigting waarheen ek moet gaan nie.

Automaties kyk ek daarna heel regs en voel weer hoe my hand yskoud word. Dit is ook nie uit daardie rigting waar ek hulp vandaan sou kry nie.

Ek kyk nou na die twee middelste kleiner paaie en vlieg drie tree vorentoe en huiwer bo die linkerkantste pad. My hand word louwarm.

Ek vlieg agteruit, nader aan die kruising tot by die regterkantse pad. My hand word dadelik vuurwarm. Ek weet dat hierdie pad die een is wat ek moet volg.

Die pad lei deur grotte.

Die volmaan skyn in ñ silwer wit lig deur n gat in die tonnel.

Rondom my is die grotte soos tonnels gegrawe uit grond. Daar is vier tonnels. Drie voet breed en ses voet hoog. Soos grafte uit grond gegrawe, maar rond en nie langwerpig nie.

Ek kies die een heel regs, en ek voel hoe my hand onmiddellik vuurwarm word.

Ek vlieg horisontaal, met my arms voor my uitgestrek en met my maag omtrent twee voet van die bodem af, die middel van die grot binne.

Sodat ek nie perongeluk aan die kante, bodem of bokant moet raak nie. Hordes vlermuise hang onderstebo aan die bokant van die grot.

Die grond aan die bo en sykante klink nie baie stabiel nie, kort kort hoor en voel ek hoe daar handevol grond na benede tuimel.

Die reuk van nat grond gemeng met die reuk van rotte en vlermuise se mis is oorweldigend. Ek druk my neus toe en haal liggies deur my mond asem.

Ek sien hoe groot vet rotte ligvoets en luidkeels piepende wegskarrel oor die grond.

Instinktief volg ek hulle.

Soos die fluitspeler van Hamlet, maar in die geval is dit andersom, ek volg en hulle lei my na die uitgang van die grot.

So ñ paar kilometer verder sien ek polisiemanne aangery kom en stop die voorste voertuig. Ek sê aan die blanke polisieman dat hulle agter my moes aanry tot waar ek aan hulle sou wys waar om stil te hou. Vandaar af sou hulle my dan te voet verder moes volg…

Ek sal hulle gaan wys waar die vrouens is, en ek vra die polisieman dat hy die ambulans helikopter moes skakel vir die vrou wat nog lewe.

Hulle ry agter my aan tot waar hulle die voertuie agterlos. Gou besef hulle dat ek reg was, dat die enigste manier om die aangevalde vroue te bereik vanuit die lug of te voet deur die grotte was.

Nie een van die polisiemanne vind dit vreemd dat ek kon vlieg nie.

Ek is terug in die grot.

Ek kyk om en sien die flitsligte van die polisie manne agter my aankom. Op een of ander manier volg hulle my nie so vinnig soos wat ek gehoop het nie. Dit is of iets hulle stadiger maak. Tog is die lig van hulle flitse wat ek nog agter my sien, gerusstellend.

Toe ek by die grot se bek uitkom staan Cecile, my sussie, ongeveer drie meter vanaf die ingang. Ek vertel haar van die aanvallers. Sy wil saam met my gaan om hulle te gaan soek.

Ek wil nie hê dat sy saam met my moes gaan nie, dit is te gevaarlik, en sy kon nie vlieg nie. Dit sou te stadig gaan as ek saam met haar moes stap.

My rug is te seer vir stap.

Ek sê haar dat ek saam met haar daar vir die polisie manne sou wag. Sy weier dat ons daar wag.

Skielik verskyn die swaard en die rottang en land met ñ sagte plop geluid reg voor ons op die grond.

Voordat ek haar nog kon waarsku dat daardie swaard vervloek is, buk Cecile en tel die swaard op.

“Ousus, vat jy maar eerder die rottang, ek is bietjie vinniger op my voete as jy daarom vat ek die swaard!” Beveel sy my en begin dapper aanstap op die smal voetpadjie.

Ek vlieg nader, land op my voete, en die rottang styg van die grond af op. Ingedagte strek ek my regterhand daarna uit.

Ek wil nie haar alleen laat stap nie, haar nie aan alleen aan haar lot oorlaat nie, en vooruit vlieg nie. Al gaan dit stadiger wees as om te vlieg, kan ek haar nie NOU alleen laat nie.

Solank sy aan my linker hand bly vashou sal sy veilig wees. Sy gryp my hand vas. Ek stap voor.

Dit is effens skemer, kort voor dagbreek.

Ons sien gelyktydig die huis tussen die wilgerbome naby die rand van die spruit raak.

Ek fluister vir haar “ons moet nou versigtig wees.” Sy knik haar kop. Sy is dapper. Sy het mos die swaard in haar hand…

Voetjie vir voetjie sluip ons nader aan die huis. Daar is twee swart, hout deure reg langsaan mekaar.

Voor die linkerkantste deur lê die masker wat die vroulike aanvaller vantevore aangehad het. Dadelik plak ek dit oor my oë.

Ek stoot Cecile agter my in, sodat sy nie van die huis af sigbaar sou wees nie. Sy is die helfte kleiner as ek.

Ek fluister sag “as ek my hand so regop hou, moet jy dadelik stop.” Ons kom nou al nader aan die twee deure.

Ek wys met my vinger voor my mond vir Cecile om stil te wees en beduie dat sy my moes volg na die regterkantste deur wat effens oopstaan.

Sy knik haar kop. Instemmend dat sy stil sou wees en my sou volg, of doodstil sou staan as ek haar sou wys om te stop.

Sy klou nou met beide hande aan die swaard vas en hou dit reguit en gereed voor haar.

Ek bereik die regterkantste oop deur en sien een van die aanvallers hurkend op sy knieë in die kombuis voor iets sit. In my gedagtes hoor ek ñ stem iets aan my fluister, ek hoor duidelik die naam Gerrit en die woord GEVAAR.

Dadelik wys ek vir Cecile om te stop, en dat sy doodstil moes bly staan. Ek skud ook my kop om te beduie sy mag nie alleen by die linkerkantste deur ingaan nie. Weer wys ek haar dat sy moet stop en daar vir my moet wag.

Nie een van ons merk die sekuriteits-wag op wat luiweg teen die muur van die huis geleun staan nie. Hy is in die skaduwee van ñ groot boom gehul.

Sommige van die boom se takke skuur oor die huis se dak. Die klank daarvan is so irriterend soos bordkryt wat doelbewus skuins oor ñ swartbord getrek word.

Met meer moed as wysheid stap ek by die regterkantse deur in en roep na die gebukkende ou “Gerrit?”

Hy gee so skrams kyk eers na die rottang in my hand en daarna na die masker op my gesig en die hazel kleur van my oë en antwoord kortaf “badkamer.”

Ek hou hom dop en sien dat hy in die gang af loer na die eerste deur.

Ek knipoog vir hom en vol bravade knak ek die rottang se punte so na mekaar toe, terwyl ek ondeund glimlag. Ek neem aan dat hy dadelik snap wat die betekenis daarvan is en wat daar op Gerrit in die badkamer wag.

Hy grinnik terug en lek oor sy lippe.

Ek stap by hom verby in die gang af.

Ek maak die badkamer se deur saggies oop.

Gerrit is nie daar nie.

Ek sien die vrou met die lang roesbruin hare in die shower. Sy het my nie gehoor inkom nie. Sy staan met haar rug na my toe.

Op die wasbak se kas staan ñ potplant. Ek gryp die blompot waarin daar ñ varing groei en skuif die stort se gordyn saggies weg. Ek slaan die vrou teen haar kop met die blompot. Sy tuimel bewusteloos op die grond neer.

Ek stap terug en toe ek by die kombuisdeur uitstap staan die wag met die groen khaki klere daar. Daar is geen teken van Cecile of die ou wat in die kombuis was nie.

Die wag kyk na die masker op my gesig en die rottang in my hand en hy sê dadelik, sonder dat ek hom vra, “die een wat netnou saam met jou gekom het, is by daardie deur in.” Hy wys met sy vinger in die rigting van die linkerkantste deur. Ek vra hom “waar is Gerrit” en hy antwoord “hy is ñ rukkie gelede hier uit, net nadat jy met hom in die kombuis gepraat het” en hy beduie na dieselfde linkerkantste deur.

Ek skrik my yskoud.

Ek maak die deur oop en sien da/ar is ñ lang gang. Daar is twee deure links en twee deure regs.

Skielik hoor ek Cecile se stem uitroep. “Wees my genadig!” Dit is duidelik dat sy huil en in pyn verkeer.

Ek vlieg in die gang af in die rigting waar haar stem vandaan kom.

Ek hoor haar weer uitroep “Hê genade!” Haar stem klink hees van pyn.

Ek moet my sussie kry voordat daardie monster haar vermoor!
My hart klop hoorbaar in my keel. My ore suis. My hande bewe uit skok. Ek laat amper die rottang val.

Ek moet daardie monster keer!

Ek hoor my sussie se stem ñ derde keer uitroep en hierdie keer klink dit sag, hortend en na ñ moedelose gepleit… “Genade!” Haar stem kom uit die rigting van die heel laaste deur aan die regterkant van die gang. Ek hoor my sussie se stem ñ derde keer uitroep en hierdie keer klink dit sag, hortend en na ñ moedelose gepleit… “Genade! Ek hoor my sussie se stem ñ derde keer uitroep en hierdie keer klink dit sag, hortend en na ñ moedelose gepleit… “Genade! Hê Ge…” Haar stem kom uit die rigting van die heel laaste deur aan die regterkant van die gang.

Ek ruk die deur oop. Gerrit staan wydsbeen bo-oor my sussie, die swaard is in beide van sy hande vasgeklem, hoog bokant sy kop gelig, hy maak gereed om haar hart te deurboor. Ek hardloop nader en met al my krag slaan ek hom met die rottang oor sy voete. Hy kom onmiddellik uit sy waansinnige, bloedlustige bedwelming en gooi die swaard voor my voete neer. Ek swaai die rottang oor na my linkerhand en met een vloeiende beweging lig ek die swaard van die vloer af en deurboor sy hart.
Ek ruk die masker van my gesig af en gooi dit met geweld van my af weg. My sussie is bewusteloos. Sy haal vlak en baie saggies asem. Dankie Vader, sy lewe nog! Ek tel my sussie oor my skouer en vlieg met haar by die deur uit.
Flamingcrystal Softly Whisper… Die Swaard En Die Rottang.

​​

Advertisements

10 thoughts on “Die swaard en die rottang.

      1. Ons skrywers moet mekaar ondersteun. EK sien uit daarna om jou te lees en gaan vanaand ook Geesteportaal begin lees. Jou opsomming van jou boek laat dit klink soos ‘n lekker leesboek wat ek my wolftande kan inslaan. 🙂

        Liked by 1 person

      2. Ek wil jou ook ondersteun 🙂 Geesteportaal is oor n tiener wat wraakneem… Fatal Fantasy oor dit wat in aanlyn geselskamers gebeur en Deidré daarin is n vulgêre nimfomaan wat ander geen plek in die son gun nie. My gunsteling is egter Destiny… mayham en magic en n diep hartseer wat jou gaan ontroer. Waar kan ek jou boeke in die hande kry? Ek gaan nou na die links soek op jou blog?

        Liked by 1 person

      3. Jy kan eboeke en hardeband publiseer by CreateSpace.com – dit sal jou niks kos nie. Hulle authors copies is regtig goedkoop en uitstekend gebind. Dit is regtig maklik om jou dokumente daar te load, en ek het n vriendin Melizandé wat gratis covers vir my en haar skrywers vriende maak… Jy kan ook self jou boeke publiseer deur dit by Smashwords op te laai. Createspace is n affiliate van amazon en dus gaan jou boeke daar baie wyer gelees kan word. Xxx

        Liked by 1 person

      4. Haai Marlaine 🙂 Ja ek het eintlik deur FB gesien jy het ook ‘n blog hier op wordpress en ek maak dit ‘n punt om my vriende te lees. Ek het reggekom dankie. Ek gaan jou lekker lees oor die naweek nadat ek van al die deadlines ontslae geraak het wat my werk my mee probee verdrink 🙂

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s