Uit die mond van die suigeling… bid vir my!

Jare gelede, toe my jongste dogter ook in haar ‘terrible two’s’ was, het sy my net so skaam gemaak. In die kerk… van alle plekke.

Dit is so in die middel van die diens, die dominee trek daardie bybel so ernstig nader, loer so oor sy bril na die gemeente, skep asem maar voordat hy sy gewigtige gedagte met ons kon deel, spring my dogtertjie hom voor met; “mamma ek soek chicken!” Ek hou my horende doof en siende blind in die hoop dat sy die skimp sou vang en sou ophou kwetter. Sy herhaal “mamma ek soek chicken”.

Ek knyp haar handjie en wys vir haar met my vinger voor my mond “shhh”.

Sy roep uit EINA! Mamma het my geknyp!”
Jinne. Aarde sluk my in asseblief, bid ek stilletjies.

Die dominee skep weer asem, en weer spring sy hom voor, maar die keer voeg sy so tien desibels by, om seker te maak ek HOOR! “Mammmmmmaaaaa ek soek CHICKEN, moelsaam mamma”. Sy kon ook nie juis die ‘r’ sê nie. Tog kon almal, dominee inkluis, uitfigure dit is ‘moersaam’. Wanneer jy regtig nie lus voel om heeldag voor die stoof te staan nie, moer jy mos maar alles so saam in ‘casserole’, druk in oond en los dit…

Ek gryp haar, tel haar op en begin met haar uitstap na buite. So tien tree voor die deur, loer sy deur my hare na die dominee en skree “BID VIR MY!”

Nodeloos om te sê, die hele kerk, stroewe dominee inkluis, het gebulder van die lag. Kerkdiens net daar op ñ einde.

#gratis eboeke https://www.smashwords.com/profile/view/Flamingcrystal

Advertisements

4 thoughts on “Uit die mond van die suigeling… bid vir my!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s