Die Onskuldige…

Die Onskuldige – ñ Gedeelte uit Geeste Portaal – Kopiereg Flamingcrystal.

Vicky sien hoe sy deur die lug seil. Sy sien hoe sy al hoe nader aan die TV se skerm kom.
Sy sien hoe die een afskuwelike gesig van die boom in die TV se skerm sy mond wawyd oop rek. “Jou aaklige ding sit my dadelik neer!” Gil Vicky vir die Gees wat haar al nader aan die TV se skerm bring.

Vicky skop maar dit baat haar niks. Sy voel hoe haar voorkop aan die TV se skerm raak. Vicky hoor ñ slurp geluid en besef die boom het haar sowaar ingesluk. Eienaardig sy voel nogsteeds nie bang nie.

Vicky sien hoe sy kop eerste na die onderkant van die boom val. Sy tol in die rondte binne in die boom. Vicky windmeul haar arms om haar balans te probeer hou. Dit help nie. Hoe nader sy aan die bodem kom hoe vinniger tol sy in die rondte. Die bodem van die boom is soos ñ tregter wat haar na onder suig soos water wat uit ñ bad tap.

Meteens kom sy plat op haar maag te lande op die bodem van die boom. Die slag waarmee sy die bodem tref slaan haar winduit. Vicky snak na haar asem. Eina Flippit dit was seer brom sy vies. Sy staan stadig soos ñ ou tante van die boom se bodem af op. Sy beweeg al haar ledemate om te voel of daar nie iets gebreek is nie. Daar is geen merkie op haar nie nie eens ñ skraapmerkie nie. Eienaardig… Vicky kyk om haar rond en sien dat dit byna soos ñ hysbak aan die binnekant van hierdie uitgeholde boom lyk.

Daar is geen opening of ontsnap-roete na buite nie. Prewel Vicky ingedagte.

Vicky draai om en sit plat op haar alie. Sy skop woedend teen die kante van die boom. Vicky probeer om ñ gat deur die boom te skop sodat sy kon ontsnap. Dit help niks. Daar val nie eens ñ splinter af nie. Skielik hoor sy ñ ‘click’ gevolg deur ñ whoosh whoosh. Die ‘click’ geluid klink vir Vicky soos dié van ñ sleutel wat ñ slot oopsluit en die whoosh whoosh geluid soos dié wat die ou staan horlosie in die plaashuis van haar Ouma maak wanneer die ketting onderaan die wysers heen en weer swaai. Vicky staan van die vloer af op en kyk in die rigting van waar sy die geluid hoor kom het. Sy sien dat daar ñ stuk van die boom se bas aan die binnekant weggeskuif het. Dit is ñ stuk van die boom se bas wat heen en weer voor ñ klein ronde opening swaai.

Vicky staan op haar tone om hierdie opening van naderby te beskou. Sy merk op dat daar 12 gekleurde ronde knoppe binne hierdie opening is. Genade die knoppe lyk net soos die kleur wiel wat in my kamer hang! Roep sy verbaas en kliphard uit. Vicky wonder wat sou gebeur indien sy een van die knoppe druk.
Sy strek haar hand uit en wonder watter een van die kleur knoppe sy moes druk wat die boom sou laat oopskuif soos die rots voor daardie grot waar Alladin open sesame gesê en die rots weggeskuif het.

Toe haar hand nader aan die knoppe kom vibreer die boom. Vicky gil -oh hel nou’s ek in groot moeilikheid en sy spring agteruit. Die vibrasie hou net so skielik op as wat dit begin het. Verbaas sien Vicky dat 11 van die gekleurde knoppe wat voorheen daar was nou skielik onsigbaar is. Slegs een knop is nou sigbaar. Die witte. Vicky staan weer op haar tone en bekyk die knop van alle kante. Dit lyk vir haar heeltemal onskadelik… Sy merk op dat daar nou iets op hierdie knop geskryf staan. Dit is ñ naam en daar staan ook iets anders langsaan die naam geskryf. Die naam van een van haar klasmaats Lienkie. Langsaan die naam staan: Ego tipe…Die Onskuldige. Waarom sou haar naam nou juis op hierdie wit knop geskryf staan? Wonder sy.
Sonder om twee-keer daaroor na te dink strek Vicky haar hand uit en met ñ vingertjie wat bewe van opgewondenheid druk sy die wit knop.

Meteens begin die vloer van die boom met haar opstyg. Dit kom rukkend en skuddend tot stilstand en Vicky se maag slaan bollemakiese. Dit voel vir haar presies soos wanneer ñ hysbak op die volgende verdieping tot stilstand kom. Die boom se bas aan die binnekant skuif groter oop. Vicky stap nuuskiering deur die opening en merk op dat sy nogsteeds binne in die boom is. Daar staan ñ tafel in die middel van hierdie deel van die boom. Vicky sien dat daar iets op die tafel lê. Sy stap nader. Vicky leun oor die tafel en sien dat dit ñ dokument was. Sy tel dit op en lees wat daarop staan.

Bo-aan staan geskryf Kontrak aangegaan tussen die Boom Gees en Vicky Loots.

Vicky se oë rek toe sy lees wat die kontrak bepaal. Die kontrak stipuleer dat sy vanaf die oomblik wat sy aan daardie wit knop geraak het in ñ Gees verander het. Vicky lees die volgende paar sinne hardop…Indien jy lewend wil terugkeer na jou moeder moet jy 12 take suksesvol afhandel. Indien jy Vicky Loots nie daarin slaag nie gaan jy vir ewig vasgevang wees in die gedaante van ñ Gees. Haar hande begin effens bewe. Die kontrak val op die vloer.

Vicky sien haar moeder se gesig voor haar en besef dat dit haar moeder sou verpletter indien sy nie sou terugkeer nie. Al voel dit vir haar soms asof Angelique nie omgee vir haar nie besluit Vicky dat sy die take gaan doen terwille van haar moeder. Vicky buk af. Sy tel die kontrak van die boom se vloer af op. Sy ruk haarself met mening reg en kners op haar tande. Daarna gluur sy na die boonste gedeelte van die boom waar die Boom Gees se onsigbare oë elke beweging van haar dophou.

Die 12 take wat sy moet uitvoer het elkeen ñ spesifieke doel. Op die kontrak was daar in ñ swierige handskrif geskryf dat daar 12 Tipe mense is en elkeen word deur iets aangedryf of gemotiveer. Elke tipe het hulle eie waardes betekenisse en persoonlike gewoontes. Dit word ingedeel in 3 dele hulle Ego Siel en Self… Vicky wonder waarom hierdie tipe mense en hulle ego siel en self so pertinent daar in die kontrak staan. Goeie Genade moet ek sowaar deur die hele ellelange kontrak lees gmfff asof ek nie genoeg huiswerk kry waar ek alles oor en oor moet lees nie? Dink Vicky onvergenoegd.

Vicky neem die glimmende pen wat op die tafel lê en teken die kontrak. Vicky staar die kontrak en die pen agterna toe dit meteens deur die lug vlieg en in die niet verdwyn. Sy is egter nuuskierig om uit te vind hoe dit voel om ñ Gees te wees. Vicky sien uit na die take. Sy glimlag eers en daarna ontsier ñ frons haar voorkop toe sy onthou dat die kontrak bepaal dat sy slegs na die persoon toe kon gaan wie se naam op die knop staan en dan dadelik weer terug geteleporteer sou word na die boom. Sy sou dus nie na enige-een kon gaan om hulle net vir die pret die skrik op die lyf te kon jaag nie.

Binne in die boom hang daar ñ towerspieël. Normaalweg is Geeste onsigbaar in enige spieël maar beslis nie in hierdie een nie. Vicky stap nader aan die spieël en sien dat sy ñ wit gedaante het. Dit lyk amper asof daar ñ laken oor haar gegooi is. Slegs Vicky se amandel bruin oë is herkenbaar. Bleh dink sy dadelik kon die Boom Gees nie iets meer oorspronkliks gekies het vir my heel eerste taak nie?

Woerts daar verander Vicky in ñ huiswerk-boek.

Vicky hoor ñ harde stem wat van die bo-punt van die boom kom. Sy wip soos sy skrik. Die stem klink half ongeduldig en heel duidelik nie lus vir haar tiener tantrums nie. “Vicky Loots… Luister en luister baie mooi ek gaan dit net een keer aan jou verduidelik.” Right laat ek maar luister wat hy te sê het hy klink half omgekrap”. Dink Vicky en vryf met haar toon oor die boom se vloer. “Nie alle Geeste tree met ñ spesifieke doel op nie. Die meeste van hulle toon geen teken van enige intelligensie nie…” Die Boom Gees skep asem.

Vicky dink sulke Geeste dommer is as grond en hulle hysbakkies gaan defnitief nie tot heel bo nie. Die ligte is aan maar die mense is nie tuis nie. Sy giggel saggies.

Die Boom Gees grinnik toe hy Vicky se gedagtes lees.

Hy maak sy stem nou strenger en gaan voort “ñ Voorbeeld hiervan is Geeste wat deur die mure of geslote deure gaan en dit lyk soms of hulle bo of onder die vloer oppervlak staan…” Vicky val die Boom Gees in die rede. “Wat het dit met my te doen? Al wat ek wil weet is hoe ek die take so vinnig as moontlik kon uitvoer sodat ek terug huistoe kan gaan!” Die Boom Gees is onmiddellik kwaad omdat Vicky so ongeskik was om hom in die rede te val. Hy bulder in ñ stem wat 9 op die richterskaal registreer. Die hele boom skud toe hy haar toesnou “Jy is nie nou tussen jou skool maatjies nie. Hier hou jy jou mond en doen wat ek jou aansê om te doen of ek verander jou in een van daardie onnosele Geeste wat doelloos vir ewig op aarde rondsweef!”

Vicky word yskoud. Sy besef dat sy hierdie keer byna te ver gegaan het sy sal haar gedagtes van nou af moet beteuel of anders beland sy in groot moeilikheid. “Ek is jammer okay. Ek sal myself in toom hou.” Antwoord Vicky en kners op haar tande. Dit gaan flippen moeilik wees dink sy. Die Boom Gees grinnik toe hy sien dat Vicky hierdie keer effens geskrik het. “Jy gaan nou ñ Gees word wat gedagte beheer gaan toepas. Deur middel van manipulasie sal jy nou sekere mense teen hul sin moet oorreed om iets te doen.” Vicky sit haar hand voor haar mond en met haar vinger tik-tok sy teen haar voortande en rol haar oë. Sy doen dit altyd wanneer sy ernstig oor iets nadink. “Hoe gaan ek dit regkry?” Vra Vicky toe die Boom Gees weer asem skep.

Die Boom Gees hervat sy gesprek. “Jy sal riglyne ontvang soos wat jy vorder.” Vicky dink hy klink nou vir my net soos ñ stoomtrein op volle vaart. “Watch dit! Ek hoor wat jy dink.” Vermaan die Boom Gees haar. Vicky sug… “Vicky jy moet hierdie manipulerende afbrekende invloed gebruik sodat jy die persoon kon stroop van sy of haar vermoë om krities of logies te dink”. Beteken dit dat ek hulle onafhanklikheid gaan wegneem en as ek my vingertjies klap gaan hulle spring om te doen wat ek hulle beveel? Wonder Vicky en kry ñ ondeunde glinstering in haar oë.

Hmm … Dit klink interessant dink Vicky met ñ breë glimlag.

Die Boom Gees grynslag. Hy het beslis ñ uitstekende kandidaat vir hierdie take gekies. Juis omdat Vicky geen vrees teenoor die Geeste in haar slaap kamer getoon het nie het hy haar gekies. Die skoenlapper is een van die Boom Gees se gesante wat hy uit stuur om na die regte vreeslose kandidate te gaan soek. Geeste wat die Boom Gees kon oplei om as helpers sy taak op aarde uit te voer. “Jy gaan voordeel trek wanneer jy agterkom wat hierdie mense se swakhede is dan sal jy daarin kan slaag om hulle te manipuleer.” Die Boom Gees se stem dreun voort in ñ bedwelmende hipnotiese stemtoon…

Vicky wonder hoe op aarde sy dit sou regkry.

“Onthou Vicky jy sal dit so subtiel moet doen dat die individu nie bewus gaan wees van die invloed wat jy op hulle gaan uitoefen nie. Jy sal hulle op die ou einde moet laat glo dat dit wat hulle doen of hulle aksies hulle eie besluite was.”

WORD VERVOLG…
KOPIEREG FLAMINGCRYSTAL
GEDEELTE UIT DIE ONSKULDIGE – GEESTE PORTAAL.

#gratis eboeke https://www.smashwords.com/profile/view/Flamingcrystal

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s