Die Tipiese Goeie Seun…

Die Tipiese Goeie Seun. ñ Gedeelte uit Geeste Portaal. Kopiereg Flamingcrystal.
Vicky sien dat daar nou ñ room kleur knop sigbaar is waar die wit knop voorheen was.
In die kleur staan die naam van Vicky se volgende slagoffer geskryf Leon. Langsaan Leon se naam staan daar: Ego Tipe…Die Tipiese Goeie Seun.
Vicky probeer dink waarom Leon se naam volgende verskyn en wat hy aan haar gedoen het om hierdie ‘eer’ om op die Boom Gees se lysie te verskyn te verdien.

Die enigste manier hoe Vicky dit in haar geheue sou kon opdiep en dan moes bepaal op watter manier sy hom gaan hanteer was om die room kleur knop te druk. Gretig druk Vicky die knop.

Vicky kyk in die towerspieël en sien hoe sy verander in ñ reuse room-kleurige musiek noot. Wat ñ eienaardige vorm om aan te neem. Half vies vir die Boom Gees se keuse trek sy haar skouers op en ‘Tsk’ klap sy haar tong. Hoekom nou juis dit wonder sy.
Die boom se portaal gaan oop en dit lyk vir haar soos ñ mond wat tuit en Vicky word na buite geblaas.

Vicky wonder watter Leon dit kon wees en sug. Kon die Boom Gees nie bietjie meer spesifiek gewees het nie dink sy grimmig.
Skielik onthou Vicky dat die nuwe bure wat langsaan hulle ingetrek het se oudste seun se naam Leon is.
Leon is lank en skraal en sy hele gesig en lyf is vol sproete. Dit lyk asof iemand hom met modder gegooi het en hy dit met ñ sif probeer keer het. Hy het vaalbruin hare en ligblou oë.

Leon hulle het ñ paar maande gelede vanaf die stad na hierdie plattelandse dorpie verhuis. Leon se vader het die kontrak gekry om die nuwe besigheid sentrum se elektriese bedrading te installeer.

Die dorpie kon doen met ñ opgeleide elektrisiën.

Leon is ook in Vicky se klas. Leon praat altyd in so sagte stem en hy tree altyd so gehoorsaam en middelmatig op dat Vicky hom die bynaam van Suutjies Poep gegee het. Vicky het haar nie veel aan hom gesteur nie.

Soos ñ warm mes wat deur botter gly glip Vicky Leon se gedagtes binne. Sy sien dat Leon se grootste begeerte is om met ander kontak te hê. Daarna sien sy wat Leon se swak punte is. Leon se swakheid is dat hy homself verloor in sy poging om in te skakel by ander.
Hy is van die soort mense wat te bang is om ooit hulle opinies te lug.  
  
Die stille meerderheid.

Leon sing in die skool se koor. Hy het ñ sagte soet sopraan stem.
Sy stem klink soos ñ meisie s’n.
Die dag toe Leon en Vicky vir die sang oudisie gegaan het was daar slegs plek vir nog een sopraan stem in die skool se koor.
Helmien Leon se moeder het aangedring dat Leon vir die skool koor se oudisie moes gaan. Een kyk na sy moeder se kwaai gesig het hom laat besluit dat hy sy bes moes lewer. Hy het nie kans gesien daarvoor dat sy hom moes uitskel as ñ nikswerd indien hy nie die oudisie sou slaag nie.
  
Leon het geweet dat Vicky gekies sou word.
Hy het vroeg daardie oggend ñ gedokterde blok sjokolade op Vicky se skool bank neergesit.
Leon het die blok Brooklax ñ lakseermiddel binne in die omhulsel van die Bournville Dark sjokolade gesit en die omhulsel weer netjies geseël.
  
Vicky het gewonder wie haar geheime bewonderaar was. Sy was baie opgewonde oor die sjokolade…ñ Uur voor die oudisies sou begin het Vicky die sjokolade verslind. Sonder om agter te kom dat dit nie die oorspronklike Bournville Dark sjokolade was nie. Dit was nou Vicky se beurt om nou voor die paneel beoordelaars en die Sang onderwyseres te sing. Skielik het Vicky gevoel hoe haar maag begin draaie maak en terselfdertyd het sy geweldig naar gevoel. Met haar een hand het Vicky na haar maag gegryp en met haar ander hand na haar mond om te keer dat sy nie voor die hele skool se leerlinge en almal daar teenwoordig sou braak nie. Vicky het blitsvinnig die verhoog verlaat en na die badkamers gehardloop. Die paneel beoordelaars het aangeneem dat Vicky onttrek van die oudisie.

Die Sang onderwyseres en paneel beoordelaars het Leon gekies.

Vicky was woedend dat ñ simpele seunskind met ñ stupid meisie stemmetjie die uitverkorene was en van daardie dag af het sy Leon heeltemal geïgnoreer.

Leon sing altyd saggies en half binnensmonds net sodat hy nie te duidelik bo die res van die koor gehoor kon word nie. Leon se grootste vrees was om uit te staan in ñ skare en hierdie vrees wapper soos ñ rooi vlag in sy gedagtes.
Soos ñ bul in die stiervegters-arena van Spanje sien Vicky dadelik hierdie rooi vlag raak… Vicky besluit dat sy op hierdie vrees van Leon gaan teer. Sy land binne Leon se huis. Saggies op haar tone volg sy die geluid van die klavier musiek wat sy hoor.

Leon sit voor sy vleuel-klavier in die sitkamer.

Hy speel ‘ll mare calmo della sera’ een van die tiener-trio 11 Volo se liedjies. Hierdie Italiaanse tiener opera groep is sy gunsteling.

Vicky spring heen en weer op die geelhout vloer sy verbeel haar dat die vloer ñ xilofoon is waarop sy spring. Meteens sien Leon dat die vloerplanke in ñ xilofoon verander het waaruit daar nou onaardse oorverdowende heavy-metal musiek kom. Leon haat heavy-metal musiek.

Hy staar verbysterd na die vloer.
Leon voel hoe die vertrek meteens yskoud word.

“Help Mammie help dit spook hier” gil Leon. Sy moeder is nie tuis nie. Leon het skoon vergeet dat sy moeder ñ halfuur gelede na Pick-a-Pay toe gery het om vars brood en melk te gaan koop.

Foeitog hy is ñ regte mommy’s boy wat aan sy moeder se rokspante hang dink Vicky en vou byna dubbeld soos wat sy lag.

Leon hoor die gelag en besef dat die gelag van iemand onsigbaar kom wat bo-op sy klavier sit. Leon se mond hang oop en sy oë draai van die een kant van die klavier na die ander kant. Vicky grinnik en manifesteer.

Leon skrik hom boeglam toe daar meteens ñ enorme musiek noot bo-op sy klavier verskyn. Die musiek noot is groter as hy.
Leon skrik só groot dat hy in die lug hop en perongeluk teen die staander van die klavier stamp waarop die musiek boek staan. Die klavier se klap slaan met ñ harde slag toe bo-op sy hande. Leon gil.

Selfs sy gille klink soos ñ meisie s’n dink Vicky en grinnik.

Leon gee één kyk na die musieknoot en spring van die stoel af en hardloop inderhaas na die sitkamer se deur. Meteens voel dit vir hom asof hy een tree vorentoe en vier tree agteruit gee hy staar na die vloer en sien dat hy op een plek staan en hardloop sonder om vorentoe te beweeg. Sy hakskene trek omtrent by sy ore verby. Dink Vicky en lag weereens.

Leon probeer nou met mag en mening om die deur te bereik. Leon is geskok toe hy sien hoe die sitkamer se deur skielik al verder en verder weg beweeg. Dit lyk vir hom asof die deur nou slegs ñ klein stippeltjie word wat kilometers van hom af geleë is.

Leon voel hoe sy bene begin bewe en krampe skiet daarna deur sy kuite van die gehardloop. Skielik voel hy hoe sy bene onder hom invou en uitasem sink hy op die vloer neer.

Die reuse musiek noot vou rondom Leon en lig hom soos ñ veertjie van die vloer af. Vicky sweef met hom die lug in. Sy tol met opset al in die rondte. Leon raak spierwit en hy is nou doodbang.

Vicky blaas in Leon se nek en wil byna hardop lag toe sy sien hoe die hare in sy nek oplig. “Onthou jy daardie sang oudisie?” Fluister Vicky in Leon se oor. Dadelik dink Leon aan daardie dag.

Dit is presies waarop Vicky gewag het.
Sy slaan toe op Leon se gedagtes en verdraai nou sy gedagtes. In Leon se gedagtes sien hy nou hoe hy weereens agter sy moeder aan na die skool koor se oudisie stap. Hy sien dat hy gereed maak om te sing. Die skool se saal sit volgepak met onderwysers leerlinge en ouers wat nou met baie groot afwagting na hom kyk.

Hermien het ñ minuut gelede toe Leon die paar trappies na die verhoog uitklim luidkeels aan almal wat daar sit verkondig hoe wonderlik haar seun sing en dat hy beslis die volgende Suid-Afrikaanse Idol sou word.

Leon val weg in die allermooiste sopraan stem en sy moeder pink ongesiens ñ traantjie weg terwyl sy hom met ñ breë glimlag dophou.

Die onderwysers ouers en leerlinge glimlag ingenome. Sy moeder is heeltemal korrek hierdie seun se talent is absoluut ongelooflik hy is briljant dink die Sang Onderwyseres en leun opgewonde vorentoe in haar stoel.
Halfpad deur die lied breek Leon se stem. Sy stem klink rou en hees en wissel tussen skril en skor.

Eers so skril soos ñ sonbesie se twier-twier daarna so skor skuur geluid soos die wat ñ handsaag maak wanneer dit deur ñ boom se bas saag.

Hermien druk haar ore met haar hande toe en gluur Leon met openlike afsku aan. Dit is vir haar die grootste vernedering ooit. Leon sien die afsku in sy moeder se oë en dit maak hom oombliklik naar.

Hy buig vooroor en vormeer net daar op die vloer voor almal. Die leerlinge bars uit van die lag. Leon sien hoe hy hierna so vinnig as wat hy kon by die skool saal se deur uit hardloop.

Vicky fluister weereens in Leon se oor en beveel hom om te slaap. Hy raak oombliklik aan die slaap. Vicky sit hom weer op die stoel voor die klavier neer. Sodra Leon wakker word gaan hy glo dat sy stem gebreek het en dat hy daarom nie die oudisie geslaag het nie. Derhalwe sou hy geen verdere koor oefeninge bywoon nie…

Vicky vlieg terug na die boom toe. Die portaal skuif oop en sy glip na binne. Hierdie keer was dit nie vir die groen skoenlapper nodig om haar terug te lei na die boom nie.

Binne in die boom hang daar nou ñ tweede kaart met ñ rooi en groen blokkie. Vicky sien dat daar nou in die groen blokkie langsaan Leon se naam ‘Ja’ verskyn. Vicky weet sy het haar 2de taak geslaag. Die Boom Gees kon gerus volgende keer ñ regmerkie in die groen blokkie sit of ñ kruis in die rooi blokkie. Dink Vicky.

Hierdie ge-JA en ge-NEE lyk vir haar te alledaags. Gratis eboek. Geeste Portaal deur Flamingcrystal.

***

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s