Die Mode Slaaf – Fashion Freak

Die Mode Slaaf.
Vicky ken slegs een persoon met die naam van Bianca.
Bianca is in matriek en sy het ñ neus en ñ tong ring.
Sy het groen oë en lang ligbruin hare waarin daar swart en pers highlights is. Bianca is mooi gebou en het lang sonbruin bene waarna al die tienerseuns en volwasse mans met openlike bewondering staar wanneer sy met haar kort mini rompie in die sentrum rondloop.
Die heel eerste dag toe Vicky in Graad 10 aan die begin van hierdie jaar as ñ nuweling by hierdie skool opgedaag het het sy haar vergaap aan die leerlinge wat in bekende Ontwerpers se mode drag by die skool opdaag.
Vicky het soos ñ seer duim tussen die ander leerlinge met haar doodgewone jeans en t-hempie uitgestaan.
Bianca het dadelik na Vicky gestap haar hande in haar sye gesit en Vicky op en af bekyk. Bianca het daarna haar kougom met ñ boog op die grond gespoeg voordat sy in ñ luidrugtige stem vir Vicky gekoggel het oor haar klere drag. ñ Hele groep meisies het agter Bianca aangetou en ook nou fronsend na Vicky gekyk.
“Siestog dit is Pep Stores kleertjies wat die arme ou dingetjie aan het sy is defnitief niks beters as dit gewoond nie”. Die hele groep het uitgebars van die lag.
Vicky was oombliklik woedend en hartseer dat Bianca haar so voor al die skool kinders verneder.
Vicky dink mode style kom en gaan en vir ander tiener dogters is hulle voorkoms baie belangrik en daarom wil hulle met mag en mening met die jongste mode tendense tred hou.
Hulle was reg. Dit is Pep Stores se klere. Dit was al wat haar moeder nou kon bekostig.
Voor Angelique en Jonathan se egskeiding was Vicky ook aan beter dinge gewoond. Haar vader het destyds slegs bekende en gewilde handelsname klere vir Vicky gekoop. Dit was ñ jaar gelede. Vicky het intussen langer geword en daardie klere pas haar nie meer nie.
Dit het Vicky soos ñ vuishou in haar maag getref dat hierdie mode slawe so vir haar kleertjies staan en lag. Ek gaan daardie vieslike grinnik van haar mond afklap dink Vicky en voeg die daad by die woord. Vicky het daar en dan vir Bianca ñ hengse klap deur haar oop skellende mond gegee.
Bianca was eers geskok dat Vicky die moed gehad het om haar die mode-prinses Bianca te klap. Sy het daarna op haar tande gekners en toe vir Vicky met beide hande voor haar bors gegryp.
“Catfight Catfight!” het een van die ander dogters opgewonde uitgeroep en almal het nader gehardloop en rondom Vicky en Bianca saamgedrom.
Vicky kon voel hoe Bianca se lang vinger naels deur die dun materiaal van haar t-hemp bloederige paadjies oor haar bors trek. Bianca het Vicky se t-hemp wat al redelik dun gewas was fyn en flenters geruk.
Elsa die Engelse klas onderwyseres het die lawaai gehoor en nader gedraf.
Elsa het tussen Bianca en Vicky ingetree en hulle met haar arms uitmekaar gestoot. Vicky het dadelik haar arms oor haar bors gevou. Sy was skaam dat haar bolyf ontbloot was.
“Wat de duiwel gaan hier aan!” Het Elsa met ñ kwaai stem aan Vicky en Bianca gevra terwyl sy beide van hulle oor die raam van haar bril aangluur.
Sonder Elsa se medewete het Bianca slu aan al haar getroue volgelinge geknip-oog. “Hierdie meisie het eerste daarmee begin Juffrou. Sy het met my gespot oor my gekleurde hare en my neus ring en toe ek aan haar sê dat dit haar nie traak hoe ek lyk nie het sy my geklap.”
Al Bianca se volgelinge beaam asof in ñ koor “Ja Juffrou hierdie nuwe meisie het die bakleiery begin.”
Die geveg het plaasgevind reg voor die venster van een van die klaskamers.
Petro was in hierdie stadium in die klas om haar tas langsaan haar skool bank neer te sit voordat die eerste periode oor ñ halfuur sou begin. Haar skool bank staan teenaan die muur reg onder die venster wat uitkyk op die skool se terrein.
Petro het dadelik die venster groter oopgestoot oor die venster bank geleun en na Elsa geroep.
“Juffrou hulle lieg vir Juffrou dit was Bianca wat eerste daarmee begin het.”
Bianca en haar volgelinge het Petro as leuenaar verklaar.
“Juffrou Petro staan bekend daarvoor dat sy graag leuens aan ñ ieder en elk vertel!” Het hulle gelyktydig en met ernstige gesigte uitgeroep. Elsa het na die ernstige gesigte van die groep meisies rondom Bianca gekyk en hulle geglo.
Petro was bitter hartseer dat Elsa nie haar woord oor die gebeure aanvaar het nie. ñ Traan het langs haar wang afgerol. Petro het verslae op haar lessenaar gaan sit.
Elsa het na Vicky gekyk en gesien dat haar t-hemp geskeur was. Sy het nie die bloederige krap merke op Vicky se bolyfie raak gesien nie. “Verduidelik waarom hierdie meisie se t-hemp geskeur is” het Elsa aan die groep gevra.
Bianca het dadelik ñ antwoord gereed gehad “Ek het haar aan haar t-hemp gegryp om haar van my af weg te stoot Juffrou en perongeluk haar t-hemp geskeur. Ek is jammer daaroor Juffrou.”
Weereens glo Elsa vir Bianca.
“Het jy ñ ander t-hemp saam gebring?” Elsa het gedink hemel dit sou bitter sleg lyk as hierdie kind so ontbloot in ñ stukkende t-hemp voor die Skool-Hoof moes verskyn.’
Vicky het haar kop geskud. “Nee… Juffrou. Ek het nie geweet dat ek ñ ekstra stel klere moes saambring nie.”
Petro het weereens opgestaan en oor die venster bank geleun en na Vicky gekyk.
“Ek het ñ ekstra t-hemp saam gebring Juffrou die meisie kan dit leen.” Petro het vinnig die t-hemp uit haar rugsak gehaal en deur die oop venster vir Vicky aangegee. Dankbaar het Vicky die t-hemp by haar geneem. Terwyl Vicky daar by die venster met haar rug na die dogters en Elsa staan het sy die t-hemp blitsvinnig aangetrek.
Elsa het haar aan haar arm geneem en met haar na die hoof se kantoor gestap. Dit was die eerste keer dat Vicky met Elsa se gramskap te doene gekry het…
Vicky loer nou in die boom se towerspieël en sien dat sy in ñ enorme geel langhoring sprinkaan verander het. Eeuuww ñ Trek Sprinkaan Yuk! Ek lyk aaklig dink Vicky en rol haar oë.
Vicky spring op en af voor die spieël rond en beloer haarself van alle kante. Wonder waarvoor hierdie vyl gedoentes op my agterpote is wag dat ek dit toets en Vicky skuur met haar een voorvlerk teen die vyl op haar agterpoot. Vicky giggel ondeund toe sy hoor dat daardie vyl ñ skril Twierrr-twierrr sing geluid maak.
Sy vryf nog ñ paar keer oor die vyl en luister na die hoë frekwensie van die ge-Twierrr-twierrr. Jip dit kon nogal irriterend wees dink sy en grinnik selfvoldaan.
Die poort skuif oop en Vicky spring na buite.
Saggies sluip Vicky Bianca se weelderige woning binne. Sy hop oor die vloer na Bianca se kleedkamer. Vicky weet dat sy daardie mode pop voor haar kleedkamer se spieël sou aantref.
Vicky maak haarself onsigbaar voordat sy Bianca se kleedkamer deur met haar agterpoot oop skop.
Bianca het ñ enorme kleedkamer haar kleedkamer is groter as Vicky se slaapkamer. Bianca se rokke en bloese rompe en langbroeke hang aan relings in oop hangkaste reg rondom haar kleedkamer se mure.
Vicky spring nader aan die klere en vee met haar voelers oor die klere.
Die helder kleure trek haar soos ñ magneet. Vicky se mond water. Sy voel skielik baie honger. Sy vat ñ hap van die helder pienk materiaal van die Versace rok wat die naaste aan haar hang. Yummy nogals nie te sleg nie dink Vicky en daarna vat sy ñ groot hap uit elke kledingstuk wat daar hang.
Vicky breek ñ wind op en van skone lekkerte na die heerlike maaltyd vryf Vicky met haar voorvlerk oor haar agterpoot.
Twierrr-twierrr klink die geluid van die vyl op haar agterpoot.
Bianca wat besig was op lipstiffie aan te smeer skrik toe sy hierdie harde Twierrr-twierrr geluid agter haar hoor.
Haar hand waarin die lipstiffie is gly en sy trek ñ lang pers lipstiffie streep vanaf haar mond hoek regoor haar ken.
Bianca loer om haar rond maar sien niks.
Vicky glimlag toe sy sien hoe bang Bianca om haar rond kyk. Bianca lyk net soos ñ hanswors met daardie pers lipstiffie streep oor haar gesig.
Vicky skop al Bianca se grimering en haar haardroër van die spieël tafel se blad af.
Bianca se oë rek toe sy sien hoe haar grimering en alles wat op die spieël tafel was meteens deur die lug trek en op die grond te lande kom. Die botteltjie duur ingevoerde parfuum tref die vloer en spat aan stukke.
Vicky maak ñ klipharde sniff-sniff geluid met haar neus toe sy die parfuum ruik en skielik begin sy nies. Bianca hoor iemand nies en kyk weereens om haar rond. Nogsteeds sien sy niemand.
Meteens skakel Bianca se haardroër vanself aan. Bianca tel die haardroër op en skakel dit af. Bianca se duur perskleurige Revlon lipstiffie waarmee sy netnou besig was voordat Vicky haar onderbreek het begin deur die lug sweef. Bianca se oë volg die lipstiffie.
Sy sien hoe die lipstiffie se doppie afvlieg en dat die lipstiffie nou bewegingloos reg voor die spieël hang. Bianca strek haar hand uit om die lipstiffie te gryp maar die lipstiffie vlieg onmiddellik hoër die lug in. Bianca laat sak haar hand.
Die lipstiffie gaan hang weer reg voor die spieël. Bianca sien dat die lipstiffie skielik beweeg en iets teen die spieël skryf. Die lipstiffie kom tot stilstand en val op die tafel neer. Bianca rek haar nek om te lees wat daar staan. In ñ swierige skrif staan daar: Fashion Freak.
Bianca voel hoe die spiere in haar nek kliphard van vrees begin saam trek. Skok laat Bianca versteen. Sy beweeg nie. Selfs nie eens haar ooglede knip nou nie.
*Lees gerus verder oo hierdie skakel* Die Mode Slaaf – ñ hoofstuk uit Geeste Portaal. Gratis eBoek

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s