Die Wetters Het Hom Vergiftig

My hart is stukkend.
Die wetters het Buksie, my jackrusseltjie (hy is amper 3 maande oud) Maandag oggend 02h00 vergiftig.
Die groter honde het erg tekere gegaan, en hy wou uitgaan om te gaan kyk waarvoor hulle so in die donker blaf.
My groot honde is geleer om niks te eet wat die wetters oor die heining smyt nie. Maar Buksie nognie.
Hy het so gely van Maandag oggend 10h00 af en die hele tyd gehuil en gekreun van pyn.
Ons het eers gedink dit is dalk bosluiskoors maar sy tandvleis was nie wit nie. Die spoeg wat so in strale uit sy bekkie bly drup het, het my laat vermoed dat hy vergiftig is.
Ek het hom elke uur met ‘n spuitbuis melk gevoer en elke drie ure die terramycin antibiotika met elektrolite ingegee wat my dogter gebring het.
Ek het presies so gemaak soos wat die veearts haar telefonies meegedeel het.
Dit het nie gehelp nie. Hy het nogsteeds inmekaar gekrimp en gekreun van pyn.
Buksie is Maandag aand 22h45 dood. Ek was by hom daar waar hy op sy kussing in my kamer reg langsaan my bed lê, toe hy skielik so ‘n eienaardige kort blaffie gegee het, so asof hy my vir oulaas groet… en die volgende oomblik toe blaas hy sy laaste asem uit en gooi gelyktydig op en sy magie werk toe bloederige water. Toe is hy weg. Dit is die seerste seer. My dogters het wakker geword toe hulle my hoor huil.
Hulle het ook net soos ek gehoop dat die medikasie sou werk en geglo dat Buksie dit sou maak.  
***
Ure daarna raak ek uiteindelik aan die slaap, en toe droom ek… Ek’t gedroom ek vlieg om buksie te gaan soek, en toe ek op my hoogste is en afkyk na onder waar Jozini dam soos ‘n traandruppeltjie lyk, is daar versperrings wat keer dat ek deurgaan na die anderkant waar Buksie is.
Toe ek uiteindelik ‘n deurglip plek ontdek en net wou deurvlieg voor die swart gedaantes my gryp, toe sit Chrystal die lig aan, ek was so bang vir daardie swart gedaantes…
***
Ek sien Dinsdag oggend toe ek by my agterdeur uitloer dat daar ‘n leë blikkie rooi skoen polish teenaan my heining lê.
Dadelik onthou ek dat hulle my ma se hondjie ‘n paar maande gelede met rooi skoen polish vergiftig het!
Die wetters meng dit met vleis, en voer dit vir die diere. Dit bevat ‘n bestanddeel wat diere se magies noodlottig aan die bloei laat raak en daar is niks wat die bloeding sou kon stop nie!
***
Vir diegene wat wonder waarom ek hom nie self Maandag na die veearts kon neem nie, ek is medies ongeskik verklaar vir werk agv ñ besering aan diens waartydens my rug so erg beskadig was dat ek twee (onsuksesvolle) rugoperasies ondergaan het. Veeartse is duur en ek het nie die geld gehad daarvoor nie. Ek het alles wat ek oorgehad het van my maandelikse ongeskiktheids toelae, gebruik sodat my dogter Maandag vir Buksie die medikasie kon gaan koop.

image

6 thoughts on “Die Wetters Het Hom Vergiftig

  1. i am so very sorry your puppy has been a victim from such cowardice. I trust the people who have done this will be punished by karma. Hugging you because i know how much you love your babydog and how much you have suffered the last years. styf drukkie xxx

    Liked by 1 person

      1. ofcourse you are dear. such innocence being killed like that is awful. i am sending you love and hugs…know I am thinking of you xxxx

        Like

  2. I’m so sorry to read about your poor puppy and the rubbish that poisoned your dog. These people are mindless and cruel. I had better stop there before I get going on that subject. My thoughts are with you.

    Like

    1. Thank you Paul. Pongola has a very high burglary rate since Cash Cruisaders opened here… The wetters tried 3 times already to over the fence into our yard but luckily my dogs are alert. My dogs are like my children, my heart is so sore. Luckily my daughter rescued a little cat and gave it to me, at least this helps to soothe my heatache. Will post a new blogpost regarding this baby cat’s rescue..

      Like

Leave a comment