Stranger Than Fiction

Stranger than fiction…
Vanoggend 5 uur (donker nog) kom Luzinda my kamer binne en sit my lig aan. Ek skrik onmiddellik wakker en spring regop soos ñ jack-in-the-box.
In haar arms is ñ baba gemmer katjie so tussen 3 en 4 weke oud. Ek vra “waar kry jy hom?” Sy antwoord sy het wakker geword van die gehuil van ñ katjie en het buitetoe gegaan om te kyk waarvandaan die gemiaau kom. Sy het hom agter ons huis gekry.
Bo-op Buksie se graf.
Gewoonlik jaag my honde alle vreemde katte en byt hul dood, hulle het egter niks aan hierdie katjie gedoen nie. Baie eienaardig!
Die katjie is vol klitsgras en sy mondjie is stukkend, maar dit bloei nie. Die velletjie is los van sy onderste kakebeen en daar is droë bloed aan, met die velletjie wat so los hang is sy onderste kakebeen ontbloot. Lyk of hy permanent met ñ oop bekkie sit. Hy moes seker iewers iets uit ‘n blikkie probeer lek het en toe sny dit hom onder sy onderste lippie oop.
Siestog arme dingetjie moes deur hel gegaan het met daardie sny.
Hy het Luzinda vol hale gekrap en geblaas toe sy hom na my kamer toe bring.
Ek steek my hande na hom uit om hom op te tel en hy lek my vinger.
Ek vat hom by haar en hy is dood tevrede.
Spin so hard dat dit soos ñ John Deere trekker klink.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s