Die bedrieër en die versorger…

Kopiereg Flamingcrystal.
http://www.smashwords.com/books/view/589469
Angelique sluit haar huisie se voordeur oop en stap na binne.
Haar oë rek van verbasing toe sy op ñ plakkaat trap wat onder haar voordeur in gestoot was. Ek wonder wie hierdie plakkaat hier ingestoot het. Prewel Angelique sag.
Die plakkaat het onderstebo gelê.
Nuuskierig om te sien wat op hierdie plakkaat is draai Angelique die plakkaat om. Sy verstar toe sy in die glimlaggende bek van die sprinkaan op die plakkaat vaskyk. Sy voel hoe die plakkaat meteens swaarder raak in haar hande en sonder om vir een oomblik vanaf die plakkaat weg te kyk gooi Angelique geskok die swaar plakkaat op die vloer neer.
Meteens word die sprinkaan lewendig en spring uit die plakkaat.
Angelique kyk na die sprinkaan en dit lyk vir haar asof die sprinkaan regtig vir haar glimlag. Eienaardig dat ek nie gril vir hierdie sprinkaan nie dink Angelique dadelik. Normaalweg wil Angelique die vlaktes inhol wanneer sy ñ sprinkaan sien. Sy hou nie van sprinkane nie dit laat haar gril.
Die reuse sprinkaan spring nader en kom styf teen Angelique staan. Angelique voel hoe die sprinkaan haar meteens omhels en verbaas voel sy hoe hierdie sprinkaan haar ñ drukkie gee.
Angelique kyk vas in die sprinkaan se oë ek wonder waarom die kleur van die sprinkaan se oë nie soos ander sprinkane s’n lyk nie .Waarom lyk die kleur van hierdie sprinkaan se oë vir my so bekend?
Die Boom Gees het agtergekom dat Vicky weggeglip het en briesend daaroor stuur hy die skoenlapper om haar te gaan haal. Ongesiens en onsigbaar daag die skoenlapper daar op.
Die skoenlapper sluk Vicky in.
Angelique sien hoe die sprinkaan meteens verdwyn en in die plek daarvan manifesteer daar nou dieselfde groen skoenlapper wat sy menige keer vantevore gesien het.
Die skoenlapper wip sy voelers in die lug grynslag vir Angelique en vlieg weg.
Die boom se poort staan alreeds oop toe die skoenlapper met Vicky wat ineengekrimp binne in sy maag sit daar opdaag.
Die skoenlapper maak sy mond oop en spoeg vir Vicky met soveel geweld uit dat sy plat op haar alie binne in die boom te lande kom.
Voordat Vicky nog orent kon spring voel sy hoe die boom begin skud en weereens ervaar sy die woede van die Boom Gees.
Hierdie keer ruk en skud die boom so geweldig dat Vicky magteloos heen en weer slinger binne in die boom. Soos iets wat in ñ skip se kajuit heen en weer geslinger word wanneer die skip die een hoë brander op die ander tref.
Vicky vou haar arms beskermend rondom haar kop terwyl sy so rond geslinger word en hoop dat die Boom Gees se woede gou sal bedaar.
Vicky besef dat sy doelbewus een van die Boom Gees se reëls oortree het. Sy moes nie weggeglip het na haar huis toe nie.
Vicky hoop dat die Boom Gees haar genadig sou wees en haar nie as straf nou permanent in ñ Gees sou verander nie.
“Ek is so jammer ek het die reël oortree regtig ek is jammer dit sal nie weer gebeur nie ek belowe!” Roep Vicky in ñ hartseer stemmetjie uit nog voordat die Boom Gees haar kon aanspreek.
Oombliklik kom die boom tot stilstand. ñ Doodse stilte heers nou. Die stilte voor ñ storm.
Vicky wip soos sy skrik toe sy die meteens die Boom Gees hoor bulder “Vicky Loots dit is die eerste en die laaste keer dat jy een van my reëls oortree het. Volgende keer gaan ek jou nie genadig wees nie. Jou hardkoppigheid gaan jou duur te staan kom.”
Vicky blaas haar asem van verligting uit. Sjoewee hierdie Boom Gees se woede sou alles in sy pad kon verwoes… soos ñ tornado op vol spoed. Dit is beter dat ek geen verdere reëls oortree nie! Dink Vicky.
Vicky staan op. Sy is dankbaar dat die Boom Gees haar hierdie keer vergewe het.
Die ronde klap voor die knoppe se opening begin stadig heen en weer swaai. Dit bou momentum op en begin al vinniger en vinniger swaai.
Skielik hang die klap doodstil.
Vicky steek huiwerig haar vinger uit na die klap asof sy bang is dat dit nou haar vinger sou byt.
Saggies druk sy teen die klap en skuif dit stadig eenkant toe. Sy staan op haar tone en loer na die opening. Geduldig staan sy en wag dat die volgende kleur knop daar sou verskyn.
Niks gebeur nie.
Vicky se kuite begin naderhand te kramp van al die gestanery op die punte van haar tone. Sy gaan sit op haar hurke en loer na die ronde opening. Nogsteeds gebeur daar niks.
Vicky begin lomerig voel van al die gewag.
Sy gaan lê op haar sy op die ‘vloer’ van die boom. Ek wil my oë net so ñ klein bietjie laat rus dink sy. Voor jy nog kon sê “Donderweerligbliksemstraal” raak Vicky aan die slaap.
Vicky begin dadelik droom. Sy droom sy is binne in die winkel sentrum. Vicky voel hoe iemand iets binne in haar denim broek se sak druk. Sy steek dadelik haar hand binne in haar sak en haal die voorwerp uit. Dit is ñ oranje knop.
Op hierdie knop staan daar skielik twee name en nie slegs een nie.
Vicky se oë rek in ongeloof toe sy sien dat haar beste vriendin Petro se naam langsaan Yvette s’n geskryf staan. Yvette: Ego-Tipe…Die Bedrieër Petro: Ego Tipe…Die Versorger. Vicky weet dat hierdie Ego Tipe perfek by Petro pas.
Petro glo dat mens vir ander moet lief wees soos vir jouself. Sy gee om vir ander en beskerm diegene vir wie sy omgee. Petro wil altyd almal graag help. Haar grootste vrees is dat sy selfsugtig sou raak of ondankbaar oor iets sou wees.
Petro se vrygewigheid en empatie het al menige keer veroorsaak dat sy misbruik word.
Yvette is ook in dieselfde klas as Vicky. Yvette is middelmatig gebou en haar blonde hare is baie kort gesny. Sy sit ‘gel’ in haar hare om dit regop soos ñ punk s’n te laat staan. Haar donker bruin oë raak pikswart wanneer sy omgekrap is en sy is gereeld omgekrap.
Yvette is ñ kleptomaan.
Die heel eerste keer toe sy iets uit ñ winkel gesteel het het sy dit uit blote rebelsheid gedoen.
Yvette is nie uitgevang die eerste keer toe sy gesteel het nie. Daarna het sy weer na dieselfde winkel terug gekeer en hierdie keer weer iets gaan steel om te kyk of sy uitgevang kon word. Dit het haar oneindige genot verskaf toe sy weereens met haar gesteelde items weggekom het.
Om iets te steel het haar laat voel dat sy in beheer van haar lewe was. Yvette het nie gesteel omdat sy iets wou hê wat sy nie kon bekostig nie.
Haar ouers is skatryk en elke keer wanneer Yvette haar vingers klap het hulle gespring om aan elke begeerte van haar te voldoen. Haar ouers is egter meer oorsee as tuis. Yvette word gereeld aan die genade van hulle middeljare blanke huishoudster oorgelaat wat meer slaap as werk.
Daarna het Yvette aangehou steel omdat dit haar ongelooflik goed laat voel het en dit was vir haar ñ wonderlike sensasie dat sy telkens met die diefstal kon wegkom.
Vicky droom dat sy die oranje knop in haar hand al in die rondte draai en dit lyk vir haar asof die twee se name wat daarop staan nou ineenvloei. Vicky skrik wakker met die oranje knop in haar linkerhand vasgeklem.
My genade ek het beslis ñ ‘lucid dream’ gehad… Hmmm- Interessant dat dit waarvan ek gedroom het gemanifesteer het… Vicky beskou die knop nou baie deeglik.
Dit lyk vir Vicky net soos die veiligheids-knoppe wat op duur kledingstukke vasgemaak is.
Wanneer mens vir die item betaal druk die kassiere ñ metaal houertjie bo-oor die knop en deaktiveer die ingeboude alarm van die veiligheids-knop.
By die boetiek se deur is daar twee lang metaal staanders. Die staanders het sensors in. Sodra ñ item hier verby gaan waarvoor daar nie betaal is nie waarvan die veiligheids-knop nie verwyder is nie gaan daar rooi ligte aan en ñ sirene begin oorverdowend skree.
Vicky kry dadelik snuf in die neus en vermoed dat Petro en Yvette in hierdie spesifieke winkel met iets onderduims besig was en op heterdaad betrap was. Vicky wil agter die kap van die byl kom en uitvind presies wat hier plaasgevind het.
Vicky vlieg dadelik skool toe om Petro en Yvette te takel. Vicky vat kortpad deur die oop klaskamer venster. Sy is onsigbaar en gaan sit heel kalm op die punt van die Afrikaanse Onderwyseres Daleen se tafel.
Daleen sit op die ander punt van die tafel. Sy lyk asof sy so pas uit ñ mode tydskrif gestap het.
Daleen is pragtig. Haar lang goudblonde hare hang tot in die middel van haar rug. Sy het groenbruin oë en is deeglik bewus daarvan dat die mans haar met tonge wat op die grond sleep begeer. Sy is egter ñ manne hater. Sedert sy 7 jaar gelede ñ liefdesteleurstelling gehad het stel sy nie in mans belang nie.
Vicky swaai haar bene heen en weer terwyl sy die kinders in die klas een vir een deurkyk.
Almal gee voor dat hulle aandagtig luister na Daleen wat een van die voorgeskrewe gedigte Dans van die Reën deur Eugene Marais aan hulle voorlees.
Hulle oë raak al hoe swaarder en swaarder… Vicky gaap so erg dat haar kleintongetjie daarvan wip en sug kliphard. Wat ñ boring stem het die Juffrou mens sou aan die slaap kon raak daarvan.
Daleen hoor iemand reg langs haar gaap en sug en kyk na die ander punt van die tafel. Snaaks… ek is seker ek het iemand hier reg langsaan my hoor gaap en sug dink Daleen verbaas. Sy sien niemand.
Vicky skuif nader aan Daleen en klap die gedigte boek uit Daleen se hand. Die boek tref die grond met ñ oorverdowende KADOEF geluid. Vicky moet haarself inhou om nie uit te bars van die lag toe die hele klas hulself nou helder wakker geskrik het nie.
Yvette sit heel agter in die klas en daar is alewig ñ norse bot uitdrukking op haar gesig.
Petro sit reg langsaan die venster.
Hulle voel aan dat iemand doelbewus in hulle rigting kyk. Beide kyk rond maar sien niemand wat vir hulle kyk nie. Tog wyk die gevoel nie en die twee bly die hele tyd onrustig om hulle rond loer.
Vicky beveel die hele klas behalwe Petro en Yvette om te slaap en dadelik raak Daleen en die ander leerlinge aan die slaap. Petro en Yvette is verbaas om te sien dat al die leerlinge en die onderwyseres skielik vas aan die slaap is.
Vicky manifesteer as ñ enorme oranje handsak.
Petro en Yvette skrik hulle boeglam toe daar meteens ñ groot oranje handsak vanuit die niet op Daleen se tafel verskyn.
“Wat gaan hier aan?” Fluister Yvette aan Petro. “Ek weet nie maar iets bonatuurlik is hier aan die gebeur…” fluister Petro saggies terug. Dit is die aakligste oranje kleur daardie die kleur lyk net soos die vieslike tronk drag van die Gevangenisdiens dink Yvette.
“Kom hier!” beveel die handsak hulle.
Gehipnotiseerd staan hulle dadelik op en stap gehoorsaam en gedwee soos twee zombies na die handsak toe. Skielik sien Yvette en Petro dat hulle nie op die klaskamer se vloer loop nie maar ñ meter bokant die vloer in die lug en albei begin geskok gelyktydig gil.
Die handsak se bek gaap oop soos ñ honger luislang s’n en Vicky wag ongeduldig dat hulle nader aan die tafel gestap moes kom.
Hulle stap heeltemal te stadig na Vicky se sin. Sy dink aan hoe vinnig sy menigmaal die dik aarbei smoothie van die Wimpy so woerts warts deur die strooitjie gesuig het. Dadelik verskyn daar ñ koeldrank strooitjie aan die bokant van die handsak. Vicky gee een geweldige slurp en net soos ñ smoothie deur die strooitjie word Petro en Yvette die handsak binne gesuig.
Dit is pikdonker binne die handsak.
Petro en Yvette klou beangs aan mekaar vas. Hulle hoor mekaar se beangste harde asemhaling. Die handsak skud op en af voor dit deur die lug seil. Petro en Yvette voel hoe hulle onderste-bo deur die lug vlieg.
Vicky doen dit aspris om hulle goed die skrik op die lyf te jaag.
Eeuuww ek beter regop met hulle vlieg voordat hulle binne in my naar word dink Vicky skielik en dadelik draai sy na bo. “Ek’t amper gekots” fluister Yvette “dankie vader ons hang nou nie meer onderste-bo nie” antwoord Petro.
Die voorval in die boetiek waarin Yvette en Vicky betrokke was het 4 dae gelede plaasgevind. Dit is na hierdie spesifieke dag en voorval waarheen Vicky vir Yvette en Petro teleporteer…
Die handsak waarin Petro en Yvette is land meteens met ñ harde slag binne in die boetiek van die winkel sentrum. Die handsak gly oor die gladde teël vloer van die boetiek en bots teen een van die winkel poppe naby die boetiek se vertoon venster.
Die boetiek eienares was juis oppad uit om iewers heen te gaan vir middag ete en het haarself byna flou geskrik toe die reuse oranje handsak meteens in die winkel reg voor haar verskyn en teen die winkel pop bots.
Die slag van die botsing laat die handsak oopvlieg.
Petro en Yvette skiet uit die handsak soos ñ pyl uit ñ boog. Petro land in ñ hopie reg voor een van die verkoops dames. Dieselfde verkoopsdame wat Petro 4 dae gelede van winkel diefstal beskuldig het.
Die sekuriteits-wag wat Yvette deur die lug sien afpyl reg op hom af hou sy hande voor hom uitgestrek om te keer dat sy hom nie volspoed tref nie. Yvette land bo-op Kevin se uitgestrekte arms. Yvette kyk vas in die geskokte oë van die einste sekuriteits-wag wat haar 4 dae gelede so ampertjies vir die tweede keer met iets waarvoor sy nie betaal het nie betrap het.
Die heel eerste keer 11 dae gelede het hy haar betrap met een van die heel duurste swemdrag ñ oranje bikini wat sy voor by haar denim broek ingedruk het. Kevin het dadelik die polisie ontbied en hulle het Yvette na die polisie stasie geneem.
Tydens die Hofsaak wat daarna plaasgevind het het Yvette kamstig hartroerend gehuil en gepleit dat hulle haar asseblief moes vergewe. Die regter het haar jammer gekry en vir Yvette as eerste oortreder met slegs ñ vermaning en ñ boete van R500.00 laat gaan omrede daar geen vorige rekords teen haar was nie.
Yvette het ñ week later na dieselfde boetiek terug gekeer want sy wou met mag en mening daardie oranje bikini hê…
Die oranje handsak begin meteens al in die rondte tol. ñ Byna verblindende lig skyn nou uit die handsak. Die handsak kom tot stilstand. Die lig vanuit die handsak skyn nou op die plakkaat se swart agterkant wat voor die boetiek se venster vanaf die dak aan twee silver kettings hang.
Hierdie keer gaan ek geensins die verdraaide weergawe in enigeen hier teenwoordig se gedagtes plant nie. Tyd vir ñ goeie fliek dink Vicky.
Meteens verander die handsak in ñ ‘rolprent’ kamera. Vicky voel hoe die film tussen die kamera se twee ronde houers deurgly. Lights Camera 3…twee…1…Action dink Vicky en grinnik.
Alles wat 4 dae gelede gebeur het speel nou soos ñ ‘rolprent’ voor Vicky Yvette Petro Kevin die verkoopsdame en die boetiek eienares af.
By die ingang het daardie dag ñ ander sekuriteits-wag gestaan. Yvette moes haarself beteuel om nie uit blydskap op-en-af te spring toe Kevin – ou Haasbek soos wat Yvette hom noem- nie daar was nie.
Yvette het die geleentheid met beide hande aangegryp. Hoewel sy het haar voorgeneem het dat sy hierdie keer versigtiger te werk sou gaan sodat sy nie weer betrap moes word nie.
Yvette het dadelik na die toonbank gestap en ñ praatjie met die kassiere aangeknoop om sodoende haar aandag af te trek.
Sonder dat die kassiere dit opmerk het Yvette blitsvinnig een van die toestelletjies wat die sekuriteits knop van kledingstukke verwyder geneem en ongesiens in haar denim broek se sak gedruk.
Daarna het sy rustig deur die winkel gedwaal en kort-kort gaan stilstaan om kastig na iets te kyk. Uiteindelik het sy die swemklere afdeling bereik. Yvette het oor haar skouer geloer en van verligting gesug toe sy sien dat die afdeling se verkoopsdame nie daar naby was nie.
Daar was geen siel in sig wat haar kon dophou nie.
Yvette het die toestelletjie uit haar broek sak geneem en vinnig die sekuriteits knop van die bikini verwyder. Daarna het sy weer oor haar skouer geloer om seker te maak dat niemand haar gesien het nie. Nogsteeds was daar niemand in sig nie.
Yvette het die bikini vinnig agter in haar denim broek gedruk en besluit om die toestelletjie ook saam te neem. Dit sou dalk handig te pas kom later…
Pas nadat Yvette die items versteek het het Petro in die swemklere afdeling opgedaag. Dit was die heel eerste keer dat Petro haar voete in hierdie boetiek gesit het. Haar snobistiese klasmaats het haar vertel van die fantastiese klere wat die boetiek aanhou. Uit blote nuuskierigheid het Petro daardie dag die boetiek binne gestap.
Petro het byna flou geval van skok toe sy die buitensporige pryse van die bikini’s sien.
Nee wat! ñ Armgat soos ek sou nooit so iets kon bekostig nie het Petro hartseer gedink. Terwyl sy so ingedagte na die prys etikette kyk het sy iemand met haar hoor praat en omgekyk.
Dit was Yvette.
Yvette het voorgegee dat sy aangenaam verras was om Petro daar te sien. Yvette het luidkeels met Petro aan die gesels geraak. Petro was verstom dit was die eerste keer dat die hoogmoedige Yvette haar verwerdig het om met haar te praat.
In die klas ignoreer sy gewoonlik vir Petro.
Yvette kon nogal aangenaam wees wanneer sy wil sy is nie so hoogmoedig as wat ek gedink het nie dink Petro.
Saam stap hulle na die uitgang van die boetiek.
Die sekuriteits-wag by die deur wat voorheen daar was het op ete gegaan en is intussen vervang deur die einste sekuriteits-wag Kevin wat Yvette die heel eerste keer met die gesteelde items betrap het.
Yvette het haarself spierwit geskrik maar haar ‘pose’ gehou.
Yvette het geweet dat ou Haasbek haar weereens sou laat deursoek deur een van die dames assistente weens haar vorige oortreding in die boetiek. Sy was reg. Kevin het dadelik een van die boetiek se verkoops dames nader geroep. “Neem haar na die kleedkamer en deursoek haar!” Beveel hy die verkoops dame.
Voordat die verkoops dame haar kon bereik het Yvette vorentoe geleun vir Petro rondom haar lyf gegryp en tot Petro se verbasing vir haar ñ drukkie gegee. “Dit was so lekker om jou hier raak te loop sal jy asseblief vir my wag dan gaan fliek ons my ‘treat’ nadat ek van die kleedkamer terug is?” het Yvette met ñ breë glimlag aan Petro gevra.
“Dankie dit sal wonderlik wees” het Petro dadelik ingewillig en toe aan Yvette gesê “Ek sal hier by die deur vir jou wag.” Sy het vas geglo dat Yvette onskuldig was en dat Yvette nooit in haar lewe iets sou steel nie…
Petro wou juis so graag na die fliek ‘The Book Thief’ gaan kyk wat pas in Ster Kinekor begin draai het maar sy kon dit nie oor haar hart kry om haar moeder vir die geld daarvoor te vra nie. Sy weet hoe Elena elke sent omdraai en só vasknyp dat Nelson Mandela se gesig wat daarop verskyn se oë eintlik traan daarvan.
Die verkoops dame gryp Yvette aan haar arm om haar na die kleedkamer te lei. Tot die sekuriteits-wag se verbasing het Yvette sonder enige teenstribbeling saam met die verkoops dame weggestap.
Gewoonlik het die vorige winkel diefstal oortreders so erg tekere gegaan en so ñ kabaal opgeskop dat hoor en sien vergaan om hul misnoë te betoon dat hulle ‘onskuldig’ was en dat hulle ‘mense regte’ kwansuis van hulle af weggeneem word deur ondersoek te word.
Kevin het dadelik snuf in die neus gekry toe hy opmerk dat Yvette sonder teenstribbelling en met so ñ tartende glimlag in sy rigting heel gewillig saam met die verkoops dame na die kleedkamer gestap het.
Die verkoops dame en Yvette keer vanaf die kleedkamer terug. “Daar is geen items aan haar nie sy het nie iets geneem waarvoor daar nie betaal is nie.” Verklaar die verkoops dame.
Yvette trek vermakerig vir ou Haasbek skewe bek en stap toe skielik baie haastig by die boetiek se deur uit na buite. “Wat van ons fliek?” Roep Petro verbaas uit. Yvette maak asof sy haar glad nie gehoor het nie en verdwyn buite sig.
Petro hardloop agterna maar voordat sy die boetiek se deur kon bereik voel sy meteens hoe die swaar hand van die sekuriteits-wag haar aan haar pols beetkry en haar daarvan weerhou om by die boetiek se deur uit te gaan.
“Ek het ñ ‘gut feeling’ dat daar defnitief iets onder daardie ander meisiekind se klere versteek was! Sy moes dit seker iewers neergegooi het sonder dat ons dit opgemerk het. Neem hierdie jong dametjie saam met jou en gaan deursoek haar ook dalk het sy ook iets probeer steel!”
“Ek is nie ñ dief nie waarom moet ek deursoek word?” Roep Petro in trane uit. Die verkoops dame het haar nie aan Petro se gehuil gesteur nie en haar na die kleedkamer gesleep. In die kleedkamer het sy Petro deeglik deursoek.
Petro se oë het van verbasing so groot soos vlieënde pierings gerek toe die verkoops dame die sekuriteits toestelletjie en die bikini uit Petro se denim broek se sakke haal. “Ek belowe jou dit is nie ek wat dit daarin gesit het nie” het Petro met trane wat nou in strome teen haar wange afrol aan die verkoops dame gesê.
Petro het ñ oor-groot denim broek aan gehad. Die broek het soos ñ sak aan haar klein maer lyfie gehang. Indien sy soos die res van die tiener dogters in haar klas stywe denims gedra het sou sy beslis agtergekom het dat daar iets by haar sakke ingeprop was.
Die verkoops dame het Petro jammer gekry en sy het die boetiek eienares oortuig dat hulle nie ñ polisie saak teen Petro moes maak nie maar dan moes Petro vir die bikini betaal. Die boetiek eienares het Petro se moeder se nommer gevra en bitter hartseer dat haar moeder Elena nou hierby betrek gaan word het Petro aan die boetiek eienares die nodige inligting verskaf.
Die boetiek eienares het weggestap na haar kantoor en vanaf haar landlyn Elena se nommer geskakel. Sy het kortliks aan Elena vertel wat daar gebeur het en daarna aan Elena gesê dat die R700 vir die bikini onmiddellik betaal moes word dan sou sy nie ñ diefstal saak teen Petro aanhangig maak nie.
Dit was vir Elena die grootste skok ooit dat haar dogter daarvan beskuldig word dat sy iets geneem het wat nie aan haar behoort nie.
“Ek glo jou nie! My kind sou nooit so iets gedoen het nie! Ek het haar goed groot gemaak. Al is ons arm sal sy nooit so laag daal om iets te steel nie!” Het Elena oor die telefoon aan die boetiek eienares verklaar.
ñ Halfuur later het Elena daar opgedaag. Die boetiek eienares het die oranje bikini soos ñ oorwinnings vlag voor Elena rondgeswaai.
Elena het gevra of sy daarna kon kyk en die boetiek eienares het die oranje bikini aan haar oorhandig. Elena het dadelik opgemerk dat die bikini se bostuk ñ 36 C was en aan die boetiek eienares gevra waarom haar dogter dan ñ 36 C sou steel indien sy slegs ñ 32 B dra.
“Partykeer is diewe juis so oorhaastig omdat hulle nie uitgevang wil word nie dat hulle voor die voet steel en hulle dan nie steur aan die groottes van die items nie” antwoord die boetiek eienares haar.
Die boetiek eienares maak die deur van die kleedkamer waarin Petro en die verkoops dame nog is oop en lei Petro se moeder na binne.
Toe Petro haar moeder sien spring sy op en hardloop na Elena toe. Sy omhels haar en begin weer verdrietig te huil. “Mamsie ek het regtig nie daardie bikini gesteel nie ek weet eerlikwaar nie hoe dit in my denim se sak beland het nie!”
Elena kyk in die traangevulde oë van haar dogter en sien die eerlikheid en opregtheid daarin.
Elena vryf oor haar dogter se hare. “Ai my kind dat só iets juis nou moes gebeur ek weet nie hoe ons hierdie maand sonder kos gaan oorleef nie.”
Sy besef dat Petro dit nie geneem het nie maar weens die feit dat dit in haar dogter se besit gevind is is die getuienis teen haar verdoemend.
Elena neem haar handsak en met bewende hande maak sy die knip daarvan oop. Trane drup ongesiens op haar hande terwyl sy die handsak ooprits en die R700 daaruit haal om vir die bikini te betaal.
Die R700 is hulle enigste geld vir die maand geld waarmee sy vir haar en haar kinders kos wou koop.
Terug na die hede…
Die ‘‘rolprent’’ van daardie dag se gebeure wat Vicky nou aan hulle vertoon het hulle vasgenael laat staan. Almal kon nou duidelik sien hoe Yvette die bikini en die sekuriteits toestelletjie binne in Petro se denim broek se sakke druk terwyl sy kastig vir Petro ñ drukkie gee…
Die boetiek eienares voel sleg daaroor dat sy Petro nie geglo het nie. Sy skakel dadelik vir Elena en vra haar om asseblief so gou as moontlik na die boetiek te kom.
Elena wonder waaroor dit gaan want sover haar kennis strek is dit nog skool-tyd en sy weet dat haar dogter nie weg sou sluip na die sentrum toe tydens skool ure nie.
Sy daag ñ paar minute later by die boetiek op.
Verbaas merk Elena op hoe die polisie vir Yvette daar weglei en hoe Petro met rooi gehuilde oë langsaan die boetiek eienares staan.
“Mevrou jy was reg… dit was nie jou dogter wat 4 dae gelede die bikini gesteel het nie dit was Yvette sy het ongesiens die items in jou dogter se denim broek se sakke gedruk. Ek is baie jammer oor die ongerief en hartseer wat hierdie gebeurtenis veroorsaak het…”
So al pratende neem die boetiek eienares R700 uit die kasregister se laai. “Hier is die geld wat u onnodig vir die items betaal het neem dit asseblief” en sy oorhandig die geld aan Petro se moeder.
Trane van dankbaarheid stroom teen Petro se moeder se wange af. “God het my gebede verhoor!” Fluister Elena sag.
Pas nadat die boetiek eienares die geld aan Elena oorhandig het sien almal hoe die reuse oranje handsak meteens bo-oor hulle koppe sweef na die oop glasdeur van die boetiek en in die niet verdwyn.
Angelique het pas tuis gekom vir middag ete. Normaalweg pak sy vir haar toebroodjies in sodat sy nie onnodig heen en weer moes ry nie. Sy het egter vanoggend ontdek dat die vars brood wat sy die vorige middag by die Spar gekoop het oornag vrot geword het.
Donker groen muf was op die brood aangepak. Dit het vir Angelique gelyk na dieselfde groen kleur as die van daardie aaklige skoenlapper wat haar so verpes.
Angelique besluit om ñ paar stukkies beskuit saam met haar koffie af te sluk voordat sy sou terugkeer werk toe.
Sy maak die kombuis kas se deur oop om vir haar ñ koffie beker uit te haal. Sonder om te kyk haal sy die naaste beker uit. Angelique staar verstom na die koffie beker wat sy in haar hand hou.
Daar is ñ prentjie van ñ oranje handsak op die beker. Ek het nog nooit voorheen hierdie beker gesien nie waar sou dit vandaan kom wonder sy.
Onderaan die beker staan daar geskryf: Halloween 4 drome 4 nagte…
Angelique wonder dadelik wat hierdie woorde beteken en of dit wel iets met Vicky se verdwyning te doene het sy vind dit baie vreemd. Angelique skud haar kop ontkennend.
Nee – drome speel defnitief nie ñ rol in Vicky se verdwyning nie… Angelique het geen drome gehad voor Halloween nie indien Vicky iets eienaardigs gedroom het sou sy dit met my bespreek het dink Angelique peinsend. Gewoonlik bespreek Vicky al haar drome met my. Angelique voel nou glad nie meer honger of lus vir koffie nie. Sy skud haar kop. Nee wat ek sien dinge wat geen verband met Vicky se verdwyning inhou nie dink sy dadelik en plaas die beker terug in die kombuis kas.
Al Angelique se plakkate met Vicky se foto daarop wat sy bykans teen elke lamp-paal geplak het en haar advertensies in elke koerant tydskrif en op verskeie webwerwe het nog geen vrugte afgewerp nie. Selfs die skets van die boom met die versoek dat enige iemand wie hierdie boom met sy twee misvormde gesigte gesien het haar dringend moes kontak het geen reaksie ontlok nie.
Angelique skakel Kurt die Polisie Kaptein omtrent elke uur om te hoor of hy al iets wys geword het.
“Ongelukkig het ons nog geen leidrade nie die hele saak slaan my dronk maar jy moenie moed verloor nie ek doen alles in my vermoë om Vicky op te spoor.” Verseker hy haar.
Angelique hou baie van Kurt.
Hy is so anders as Jonathan van wie sy nou al byna ñ jaar geskei is. Kurt is bedagsaam en altyd vriendelik. Kurt het ñ sagte hart en hy is baie lief vir kinders.
Sy glo nie Kurt sou ooit sy vuiste vir ñ vrou lig nie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s