Alles het begin met die uitsny van vier ballet skoentjies uit fosfor-groen modelleer klei

Alles het begin met die uitsny van vier ballet skoentjies uit fosfor-groen modelleer klei. Nadat ek die skoentjies uitgesny en gevorm het, gaan haal ek die linte vir die balletskoene en toe ek terugkom, het twee seuntjies van ongeveer 6 jaar oud die skoentjies aangetrek. Die tafel waarop ek die skoentjies uitgesny het, verander in ñ tafel soortgelyk aan milky lane s’n, en daar is orals plakkate reg rondom die tafel met fosfor-kleurige groen melkskommels. Op die tafel voor die seuns verskyn lang glase met strootjies wat meer kurwes het as ñ resiesbaan. Die seuns neem elk ñ lang slurp van die koeldrank en skielik hang hulle in die lug bokant die stoele. Hulle koppe is so ver agteroor gebuig dat hulle rue boogtrek en hulle neuse amper teen hulle boude raak. Tog pla dit hulle nie. Dit lyk en voel vir hulle normaal. Met breë glimlagte kyk hulle mekaar aan. Hulle wys met hul krom vingers in my rigting en roep gelyktydig uit “kyk daai snaakse regop tannie. Sy lyk nie na ons nie. Sy is seker ñ alien.” Die kamer kantel skuins toe iemand die swaar ysterdeur wat soos n waenhuis deur lyk, oopstoot. Die vrou kom binne en onmiddellik trek haar rug net so krom. Sy wys na my en lag met haar mond maar haar oë lag nie saam nie. “Jy moes nooit daardie fosfor modelleer-klei gebruik het nie! Dodelike gifpyle begin uit haar oë na my skiet. Ek koes en gil. Ek gil myself wakker.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s