Kan ñ mens so stupid wees… *sug*

Ek was nog besig om iets te edit op my vorige post “Die Melkdief” en mens kan sulke stupid goed aanvang wanneer jy besig is, en jou selfoon vibreer skielik op jou maag (dis mos lekkerder om te lê en skryf as om te sit of te staan.) Toe die ding vibreer slaan ek amper ñ gat deur die ceiling soos wat ek wip van die skrik. Kyk, skrik kan ek. Erg. Ek spring eers en dan gil ek in verskillende stemhoogtes in EEN asem al die variasies van daardie vreeslike “F” woorde. My gunsteling Fokkedorie woord tel nie as een van daardie F’s nie… nog so half in die lug op, met die tablet vasgeknyp in my linkerhand kom my  flinke regterhand se middelvinger te lande op bin en woerts weg is my storie. Gelukkig het ek dit darem gesave gehad, en kan ek dit nou weer hier aanheg.  die ‘melk diefstal’ by n vriend se huis. So kuier ek en my oorlede man (voor hy dood is, let wel…) by ons huisvriende Peet en Debbie en ons slaap die aand daar oor. Peet het voor hy en Debbie kamer toe is, aan ons vertel dat hy daardie Maandag hulle bediende gaan fire omdat sy ontsettend baie melk en suiker steel. Ek kon nie slaap nie en sit toe stoksiel alleen in die oopplan sitkamer waar mens alles wat in die kombuis aangaan kon sien. Twee uur daardie oggend sien ek hoe Peet vas aan die slaap, die 2 liter melkbeker uit die yskas haal daarna die suikerpot vat en die inhoud omkeer in die melkbeker. Die houtlepel hang aan n hakie bokant die stoof, maklik bereikbaar. Hy neem dit en roer die melk seker n goeie 5 minute lank.Steeds vas aan die slaap. Natuurlik met toe oë. Hy vat daardie melkbeker en drink dit binne n paar sekondes leeg en stap terug kamer toe. Gelukkig het ek n foto geneem van die melkdief en dit die volgende oggend vir Peet, Debbie en my man gewys. So jammer daardie foon het swemlesse gaan neem daardie middag. Of was dit om van evidence ontslae te raak dat Peet my in die swembad gestamp het,terwyl ek besig was om te sms…?


Advertisements

6 thoughts on “Kan ñ mens so stupid wees… *sug*

    1. Gelukkig was die bediende nog salig onbewus van haar ‘wandade’ Hy sou haar eers daardie Maandag oor die ‘diefstal’ konfronteer en haar fire… dus het hy nie nodig gehad om haar omverskoning te vra of haar te fire nie. Lekker lag ek oor sy slaap drempel. Jinne hy het soms in die geselskap so al sittende van die stoel af gegly. Vas aan die slaap. Nou wonder ek sommer oor ander dinge, sal eendag wanneer ek weer met Debbie praat by haar hoor of dit net van die stoel was wat hy so aan die slaap, afgegly het…

      Like

      1. Wat bedoel jy presies daarmee? Ongelukkig kan ek jou nie meer omtrent die bediende en wat daarna gebeur het vertel nie, want ek het destyds nie verder uitgevra daaroor nie.

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s