Inbreker merkers en ñ gejinxde naaimasjien

Gister oggend ontdek ek merkers vir inbrekers binne my erf, opgerolde styf gevlegte, kleinerige groen tuinslang voor die hoekpaal van heining en n groen 2 liter sprite plastiek bottel vasgemaak met draad aan binnekant van die heining asook n leë groen plastieksak waarin hondekos was vasgemaak aan die heining agter die mango bome. Groen beteken “Kom Steel Maar Julle.” Toe vervang ek die groen merkers met goeters wat rooi inhet. ñ Rooi coke-bottel, ñ rooi leë plastiek katkos-sak en ñ stukkende rooi waslap wat beteken “Bly flippen vêr weg die goetertjies en die miesies is horingoud en nie die moeite werd nie” *natuurlik het ek my gat afgeskrik toe ek daardie groen merkers ontdek – ek wil nie dit wat ek 32 jaar aan bymekaar gemaak het, met een van daai wetters deel nie.* Ek bel my dogter en vertel haar ek het die groen merkers gekry met 3 stene. Waarvan 2 stene regop staan en 1 lê. Dit beteken 3 vroue in huis, twee okay en een wat buite aksie is – ek. Kort voordat ek buite die merkers gesien het, vra die ousie vir my hoekom die nuwe yskas langs die vrieskas nie gebruik word nie, en ek antwoord “dit lek gas.” Van verlede week af het sy skielik n vreeslike belangstelling in al die elektriese toebehore, laptops en fone in die huis en veral in die industriele kaasrasper (R13 000) en industriële 25kg deeg menger (R20 000) wat op die staalkas staan, wat my dogter nog net 3 keer gebruik het, voordat haar pizzaplek toegemaak het. Die bediende vra so ewe “why don’t you give me, mahala (gratis) I have friend bakery?” Flippen hel. Gaan jy dit wat n fortuin gekos het sommer net so uitdeel? My dogter wil dit graag verkoop teen ñ billike prys indien iemand sou belangstel…Ek dink die bediende kon in my oë sien dat sy besig is om te krap waar dit nie flippen jeuk nie. Sou julle nie ook skielik ñ rot begin ruik nie? Die dun en min bediende se skerp kraalogies mis niks, veral niks wat blink of nog nuut is nie. Kraaie het dieselfde voorliefde. Sy sien die Empisal Naaimasjien raak wat op die eetkamer tafel staan. Wat Vrydag nie daar was nie, en sy vra my so ewe wanneer het ek dan die naaimasjien gekoop, want sy het dit nog nie vantevore in een van die kaste gesien nie! Imagine dit! So goed jy maak vuur onder my stert. My eie een is gejinx. Vervloek eintlik. Sien… toe ons regtig dit nie baie breed gehad het, toe ons jonk en pasgetroud was, en ek slegs 1 tolletjie navy garing gehad het, soom ek eendag manlief se donkergroen khakibroek daarmee om. Netjies. Kon nie eens die navy aan buitekant raaksien nie. Maar jul weet mos ñ skoonma sien alles raak. Toe sy daar aankom en sien waarmee ek besig was, skreeu sy op my dat haar klein tongetjie die blou danube wals tussen haar keelgat en verhemelte dans. “Jy is niks werd nie, hoe durf jy my seun se broek so opneuk en dit met garing wat nie daarby pas nie!” Man kyk, n rooikop (dit was nou ek daardie tyd) ken van gatwip veral as daar geskree word. Ek ruk daai broek so hard onder die masjien se voer-voetjie uit, en veroorsaak n kraaines wat sy soortgelyke nog nooit in hierdie lewe of sy voriges raakgestik het nie, dat die naald breek en my piennng in die skouer tref, en n kraaines kwadraat veroorsaak. Toe is ek EERS skuinsbeneuk. Ek flippen haat dit as mense op my skree. Punt. As jy nie ordentlik kan praat nie, hou dan eerder jou … mond. Net daar het ek n eed geneem dat ek nooit ooit weer naaldwerk sou doen met daardie masjien nie. Manlief het jare later daarmee n sloop probeer stik waarin hy die gedroogte stukke biltong kon pak en in sy kas kon ophang. Buite bereik van die biltong aasvoëls… MAAR die masjien het steeds kraaineste gebou. Toe verpak ek dit maar in n box, (nee ek gaan nie die afrikaanse woord daarvoor gebruik nie) seël dit deeglik en sit dit heel bo in my hangkas, toegepak tussen ander bokse. Ek antwoord toe die kraai se vragie met “Patricia het dit sondag vir ons gebring dat my dogter haar rok vir die funksie kan kleiner maak.” Die bediende was en stryk NIE ons wasgoed nie en ons pak alles self weg, juis sodat sy GEEN rede moet hê om enigsins in ons laaie of in ons kaste te karring nie. My dogter bel my en vra ek moet my foon vir die bediende aangee, sy wil dadelik met haar praat. Sy beveel dié toe dat sy haar moet kom sien by die werk. Die bediende gaan toe en daardie security wat vir my dogter werk, peper die bediende met vrae. Raai wat vertel sy hom? “Ja sy het die inbreker merkers gesien maar was kastig te bang om ons te daarvan te vertel. Sy beskuldig toe ons tuin werker van die bose daad. Hy was nog nooit binne ons huis nie, so hoe sal hy weet wat iets werd hier is? Hy werk net elke tweede saterdag. Hy speel altyd met die honde en hul is al stertswaai bly om hom te sien. Seker dat hy sy maats kon bring om in te breek terwyl hy die honde uit die pad hou? Die ousie werk net maandae en vrydae. Twee dae n week… Sy werk nou maar 4 maande hier. Donderdag was daar geen merkers nie, en dit verskyn sommer so vanself tussen Vrydag en Maandag oggend?

Advertisements

3 thoughts on “Inbreker merkers en ñ gejinxde naaimasjien

  1. O jong, julle moet maar versigtig wees. Ek sal ook doodbang wees as ek iets soos dit in my erf moet kry.

    En dan ook sommer moerig raak, want soos jy sê, my goed is my goed en jy los dit uit.

    Liked by 1 person

    1. Mens werk ligjare lank om goedjies bymeaar te maak en die wetters kom steel dit in ñ paar minute. Die vlaag inbrake het skerp toegeneem vandat daar n pandwinkel (jip daai een… wil nie name noem en gesue word nie) in ons dorpie oopgemaak het.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s