Die baksteen tref hom kolskoot en hy slaan soos n brahmaan bul neer.

Marlaine Lloyd 2 January 15:55
Kopiereg ©Flamingcrystal … Ek is oppad uit n groot ontspanningsaal waar baie deftige mense sit, ek stap uit om vars lug te gaan skep want die snobistiese mense en aansitterige atmosfeer is so dik dat self n rapier nie daardeur sou kon sny nie.

Hoofpyn speel tamboer teen my slape.
Dankbaar asem ek die vars lug buite in.

Skielik sien ek n jong man van ongeveer 25 jaar oud, met n kaal baba seuntjie van so 3 of 4 maande oud, aangestap kom na die saal se deur toe.

Hy is n honderd meter van die deur af. Hy hou die babaseuntjie vas aan die baba se arms en met sy arms uitgestrek so vêr as hy moontlik van sy lyf af.

Die babatjie se maag werk dit lyk soos water, water wat pikswart word soos wanneer n seekat homself desmoers geskrik het en homself en alles rondom hom pikswart beskyt/bespuit.

Die man skreeu kliphard “al wat jy fokken doen is tjank en kak, ek wil jou nie hê nie, wou nog nooit…die babatjie skrik vir die wrede trek om die man se mond en sy harde stem en die babatjie se onder-lippie begin eers bewe voordat hy droewig begin huil.

“Stop jou donnerse getjank” gil die man op die babatjie. Die man se plathand tref die klein boudjies soos n kanonskoot.

Ek hardloop dadelik nader. Ek is woedend. Briesend. Voordat ek hulle bereik, plak hy die huilende babatjie op die harde klipperige grond voor die saal neer en stap fluitend en ongeërg die saal binne.

Ek tel die babatjie op. Hy hou dadelik op met huil. Groot groen ogies bekyk my nuuskierig en skielik glimlag hy en praat in brabbel taal met my, terwyl sy maer vingertjies hulself in my lang hare inwoel.

Ek stap die saal binne en gaan soek die man. Ek kry hom luidkeels aan die lag tussen n paar jong meisies wat openlik drool oor sy mooi voorkoms.

Ek gryp hom met my een hand voor die bors en lig hom van sy voete af. Sy oë rek en voordat hy iets kon sê, snou ek hom toe “JY is n flippen nikswerd gemors, om jou siek babatjie buite op die grond neer te plak en dan doodluiters hier te kom ginnegaap. Ek bliksem jou vandag dood, jou werfetter. Hoor jy my?”

Doodse stilte daal in die saal neer. Selfs die orkes het ophou speel. Almal hou asem op.

Die knaap het wragtig die vermetelheid om vir my te lag en na my te spoeg, al hang hy n hele ent bo die vloer.

Ek plak hom ontsag op die grond neer.

Ek maak seker die babatjie is gemaklik in my linker arm, voordat ek my regter vuis van my tone af swaai en die vent op sy ken slaan. Hy val agteroor en spring dadelik regop soos n jack in the box. Hy wil naderstorm maar een kyk na my woedende geel oë, laat hom agteruit tree.

“Hier, vat jou kind nou dadelik hospitaal toe, ek sal jou volg, en ek sal jou elke dag dophou om te sien of jy hierdie babatjie seermaak. Waar is jou vrou?”

Hy vat die babatjie en drafstap die saal uit om so gou as moontlik van my af weg te kom. Oor sy skouer antwoord hy “Sy het gaan drugs koop”
Ek sit hom dadelik agterna en ruk die baba uit sy arms. “Fokkedorie julle gomgatte! Ek gaan nie toesien dat julle hom vermoor nie, ek sal hom self hospitaal toe vat en self vir hom sorg”

Die man hol weg dat die klippies spat en so 100 meter verder gaan hy op n veilige afstand staan en dapper skreeu hy “Jou fokken mal, kortgat vroumens, jy kan die kind met die grootste graagte hou, jy spite my fokkol deur hom te vat nie, sorg jy net dat hy sy pote nooit weer oor my drumpel sit nie, ek haat kinders”

Ek gryp n baksteen en gooi dit woedend na hom. Dit tref hom kolskoot tussen sy skouerblaaie en hy slaan soos n brahmaan bul neer.

Ek stap op my tyd nader en skreeu vir hom ” JY bulletjie wil ek bitter graag in n ossie verander sodat jy geen vroumens ooit weer swanger sou kon maak nie. n Burdozo se rekkies werk uitstekend vir enige bul se oorywerige, jeukende balletjies.”

Die man se oë is nou so groot soos pierings. Hy hys homself handeviervoet orent en begin soos n krap handeviervoet wegskarrel. Doodbang.

Ek geniet die vrees wat ek in hom ontketen.

Die babatjie begin meteens tevrede ghoe-ghaa-ghaa brabbel en druk sy duimpie in sy mond. My hart smelt en die woede verlaat my onmiddellik.

Ek draai my rug op die man en stap na my kar toe, klim in en sit die babatjie op my skoot en gordel ons stewig met die veiligheidgordel vas. Ek jaag met n spoed hospitaal toe.

*Ek skrik wakker* Jinne dit was n eienaardige droom wat ek gisteraand gehad het. Wonder wat dit kan beteken julle?

Advertisements

2 thoughts on “Die baksteen tref hom kolskoot en hy slaan soos n brahmaan bul neer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s