Donkerbruin water en gebreekte bottels…

Ek’t gisteraand gedroom ek ry voor op n tandem fiets, maar teenstellend met realiteit, is ek nie die een wat die trapwerk of die stuurwerk doen nie, en die fiets is nie tenvolle uitgerus soos n tandem nie. Die sitplek agter is baie groter en stewiger. Daar is slegs pedale en handvatsels aan die agterkant.
My sitplek is baie hoër en kleiner, en ek kan net aan my sitplek vashou. Soort van uitkyk pos. Ek kan die persoon agter my nie sien nie, hoewel ek sy teenwoordigheid aanvoel.
Ons ry in n vlei land/moeras oorgroei met lang biesies en gras, nêrens is daar enige voetpad sigbaar nie. Die persoon agter my luister na my stem, wanneer ek sê pasop, hou meer links, gaan stadiger, dan voer hy my opdragte uit.
Ons moet uit die moeras kom, ons soek na n plek waar ons uit kan kom waar daar nie diep water is nie, in die diep water skuil gevaar. Ons ry n hele ruk voordat ons n oopte tussen die riete sien, die persoon agter my gee vet daarheen.
Hy sien nie die diep sloot voor ons raak nie. Donkerbruin modderwater vloei met n skuimende spoed deur die sloot. Daar lê gebreekte bottels op die rand van die sloot. Ek roep net betyds uit en waarsku hom teen die gevaar en hy bring die fiets tot n glyende stop.
Die fiets hang skuins. Ek voel hoe gly ek van die sitplek af, ek gryp aan die onderkant van die saal vas en hys myself met moeite, terug tot in die saal. Met’n hart wat tamboer in my ore, skrik ek wakker…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s