Grawe jou toon naels in die sand vir vastrapplek, hierdie romantiese boeke gaan jou voete onder jou uitslaan!

Johan Crous, ñ skrywer van die Kaap, se boeke ontketen ñ stofstorm… grawe jou vinger en toon naels in die sand vir vastrapplek, hierdie romantiese boeke gaan jou voete onder jou uitslaan. Johan het begin skryf terwyl hy in die hospitaal was… lees gerus meer oor Johan hier http://www.johancrous.co.za

Sonja se sonde: https://www.smashwords.com/books/view/566315
Die skrywer plaas sy karakters in moeilike situasies, wat tog in die werklike lewe gebeur, skokkende dinge wat enige standvastige huweliksbootjie wat deur hierdie rowwe golwe seil, kan laat kantel… Hoe herstel ñ mens iets soos vertroue en respek wat gebreek word? Kan mens dit werklik aanmekaar plak soos die skerwe van ñ gebreekte spieël en tussen die krake deur die liefde wat julle vir mekaar het, raaksien? Hierdie boek is ñ boek met twee erotiese tonele. Warm slaapkamer tonele. As jy ñ kloosterkoekie is wat weghol as jy net die woorde ‘seks of 69’ hoor, beter jy nou al ñ u-turn maak en so vinnig as wat jy kan weghol. Ek daag jou egter uit om hierdie boek te lees, dalk leer jy iets waarvan jy nog net gedroom het… 4 Star Review.

Pauline vind geluk: https://www.smashwords.com/books/view/575126
Lesers sal hou van Johan se boeke omdat hy glo in ‘happily ever after’ stories waar sy uiters romantiese manlike karakter die grond aanbid waarop die vrou van sy hart loop.
Die soort man van wie enige vrou droom: ñ man wat goeie maniere het, nog die kar se deur vir haar oopmaak, haar gerief altyd eerste stel (selfs in die slaapkamer) en niks is ooit te veel moeite vir hom om haar gelukkig te maak nie.
Die klein dingetjies wat die meeste tel, vir haar doen, sonder om sy pond vleis daarvoor te wil eis. (Pssst jy weet wat ek bedoel…)
Die held en heldin word in situasies geplaas waar hulle liefde vir mekaar tot die uiterste beproef word.

Tanya se tweede keer: https://www.smashwords.com/books/view/618977
Hierdie boek is beslis vir Afrikaans sprekende bewonderaars van #FiftyShadesOfGrey, hoewel dit sonder die BDSM tonele van Fifty Shades is.
Ons almal onthou ons ‘honeymoons’ en die strepie oor die bolyf ‘tan’… mens bly mos maar heeltyd in die kamer en maak die gordyne soms op n skrefie oop om te sien of die son nog skyn.
Tanya se tweede keer herinner my aan mens se honeymoon dae. Waar mens net eenvoudig nie genoeg van mekaar kon kry nie. Mekaar nonstop vir ure aaneen kon soen en bemin sonder om asem te skep.
Tanya se eerste man was ñ nat-agter- die-ore kellerprins (doos met ñ kraan aan) wat haar nooit bevredig het nie en net na sy eie belange omgesien het. ñ Springhaas “wham bam thank you mam” sonder die thank you.
Hy het haar nie liefgehad nie. Sy was vir hom ñ matras, ñ besitting. Nadat hy haar erg aangerand het, skei sy van hom en ontmoet sy die liefde van haar lewe en by hom leer sy vir die eerste keer seksuele vervulling ken.
Ek stem saam dat dit vir Tanya beslis beter is met die man wat heelwat ouer as sy is. “Rather an older man’s darling than a young one’s slave.”

Daardie Nag: https://www.smashwords.com/books/view/616222
Dit is n baie hartseer storie. Ek sien die hunkering en hoop dat dinge tussen hom en sy vrou herstel kan word.
Die feit dat hy nie haar eerste keuse was nie, is n bitter pil vir enige trotse man om te sluk…
Tenspyte daarvan is sy vrou sy eerste keuse, hy het haar lief bo alles, selfs al weier sy nou al vir jare enige intieme toenadering van sy kant…
Bossie is n ware gentleman, hy doen alles in sy vermoë om vir haar te sorg, en te verseker dat sy nie moes swaarkry as hy eendag nie meer daar sou wees nie.
Debbie het egter iets gedoen omdat sy haar wou wreek op Bossie, omdat sy geglo het dat hy ñ verhouding met iemand anders aan die gang het. Sy het egter opreg berou gehad en Jesus om vergifnis gesmeek.
Hierdie storie bewys weereens dat misverstande enige paartjie se liefde vir mekaar kon vernietig, en hulle huwelik kon kelder omdat daar nie goeie kommunikasie of vertroue tussen die paartjie was nie.
Ek het al heelwat van die skrywer se boeke gelees en hierdie boek is beslis my gunsteling.

image

3 thoughts on “Grawe jou toon naels in die sand vir vastrapplek, hierdie romantiese boeke gaan jou voete onder jou uitslaan!

Leave a comment