Gmff… Wonder waar is daardie klein klikbek, ek wil haar goed die skrik op die lyf jaag!

Die Onskuldige. Gedeelte uit Geeste Portaal.©Flamingcrystal

Vicky sweef deur die muur na buite omdat sy wil voel hoe dit is om deur ñ muur te kon sweef. Nogals nie te sleg om so deur ñ muur te glip nie.

Gmff… Wonder waar is daardie klein klikbek ek wil haar goed die skrik op die lyf jaag, dink Vicky.

Dit is ñ warm lente dag.

Die voëls begin dadelik erg tekere gaan en hulle kwetter gelyktydig toe hulle iets naby hulle sien verby sweef. Vicky wys met haar vinger na hulle. “Shut up” beveel sy hulle.

Hulle hou dadelik op met kwetter.

Dit is nou doodstil selfs nie eens die bome se blare roer nie. Dit is asof almal en alles hulle asem ophou om te sien wat nou gaan gebeur.

Vicky sien dat Lienkie buite op ñ sonstoel voor die swembad lê. Lienkie is kort en stewig gebou.

Haar lang swart krullerige hare hang vanaf die sonstoel tot op die grond.

Lienkie se bobene is so breed soos die Heer se genade dink Vicky.

Haar oë pop amper uit hulle kaste toe sy die gewaagde bikini sien wat Lienkie aan het. Maar dit is na Lienkie se reuse borste wat so oral by die bikini se bostuk uitpeul waarna Vicky nou staar.

Sy het nog nooit sulke groot ‘boobs’ gesien nie.

Sjoewee! Lienkie het hengse groot ‘boobs’ wanneer sy oud is en dit nie onder die toilet sitplek wil vasknyp nie sal sy dit soos ñ strik agter haar rug moes vasknoop, dink Vicky en giggel saggies.

Lienkie is vas aan die slaap.

Daar lê ñ ‘Teen Magazine’ bo-oor Lienkie se gesig. Haar asemhaling laat die tydskrif se bladsye op en af wip.

Vicky lig Lienkie met stoel en al op en sweef met haar na die middel van die swembad.

Geeste Portaal by Flamingcrystal #FREE download http://www.smashwords.com/books/view/589469

Juanita het agteroor geval so uit soos ñ kers.

©Flamingcrystal
Gedeelte uit Die Grapmaker: ñ hoofstuk uit Geeste Portaal
#GRATIS beskikbaar by Smashwords.
http://www.smashwords.com/books/view/589469

Die leerlinge wou hulle slaplag toe hulle sien hoe Juanita een van die Juffrou se gewoontes ook perfek naboots. Juanita het haar kammakastige brilletjie met haar duim ñ bietjie hoër oor haar neus geskuif en so ñ kuggie gegee terwyl sy dit doen.

Vicky Petro en Ryan was die enigstes wat nie vir Juanita se streke gelag het nie. Fronsend het Juanita die 3 aangegluur omdat hulle haar nie snaaks bevind het nie.

Juanita het met ñ grinnik op Ryan afgestap gekom hom uit sy stoel gelig en hom bo-op Elsa se tafel gaan neerplak.

“Hier is my volgende slagoffer… He-Hik-Hehe-Hik-Hehehe-Hik lag Juanita en beskou Ryan van kop tot tone. “Soos julle kon sien een met ñ yster-stut rondom sy linkerbeen en ñ opgeboude skoentjie” voordat sy verder praat en Ryan se sagte stem namaak.

“Ek is ñ piepklein ou seuntjie wat so klein is dat ek op ñ stukkie toiletpapier kon sit en nogsteeds my voetjies met gemak kon rondswaai…oepsie my een voetjie met gemak kon rondswaai” stel Juanita die sakie reg en luidkeels lag sy weer He-Hik-Hehe-Hik-Hehehe-Hik.

Hierdie keer het niemand saam met Juanita gelag nie. ñ Mens spot nie met iemand wat gebreklik is nie.

Ryan het as baba polio opgedoen. Hy dra die ysterstut aan sy been en die opgeboude skoen omrede sy linkerbeen baie korter as sy regterbeen is. Daar is geen spiere aan sy linkerkuit nie.

Vicky was onmiddellik smoorkwaad.

In een vloeiende beweging het sy van haar stoel opgestaan na die verbaasde Ryan gestap hom van die tafel afgetel en hom terug na sy stoel gedra.

Daarna het Vicky op Juanita afgestorm vir Juanita ñ regterhaak hou met haar vuis reg op Juanita se ken gegee net toe Elsa die klas binnestap.

Juanita het agteroor geval so uit soos ñ kers.

Elsa het Vicky aan haar oor gegryp en haar by die klas se deur uitgesleep sonder om eens te vra waaroor die bakleiery gegaan het. Sy het Vicky reguit na die Skool-Hoof se kantoor gesleep.

Geeste Portaal by Flamingcrystal #FREE download http://www.smashwords.com/books/view/589469

Humoristiese Oomblik in ñ Aanlyn Gesels Kamer.

©Flamingcrystal

Sonja het uit nuuskierigheid by een van die gesels kamers van ‘Fatal Fantasy’ gaan inloer.

Tot haar verbasing het almal daar haar gegroet asof sy ñ ou vriendin was, en haar daar laat welkom voel.

Die heel eerste keer toe iemand haar ‘asrl’ vra, het Sonja haar byna asvaal geskrik en gedink daardie afkorting beteken ‘alle seks regtig lekker’ of so iets. Sy het vir daardie persoon gesê “Sies julle is vieslik, ek gaan waai!”

Net voordat sy wou ‘exit’ sien sy dat iemand haar vra waarom sy gesê het dat hulle vieslik was, en sy antwoord “dit is omdat julle ‘asrl’ gevra het.”

Een van die ander dames, ñ gereelde kletskamer gebruiker vra vir Sonja wat sy gedink het ‘asrl’ beteken en Sonja vertel hulle.

Hulle het byna dubbeld gevou van die lag. “Nee jislaaik! Dit beteken jou ‘age, sex, race & location” het almal byna gelyktydig geteks.

Sonja het soos ñ aap gevoel, sy was mos nog nuut in die aanlyn gesels gedoente en het nie die betekenisse van hulle afkortings geken nie.

Een oggend vroeg wals Marius onder die skuilnaam Hunter die kletskamer waar Sonja nou gereeld onder die skuilnaam van Destiny gesels het, binne.

Hunter het dadelik aan Destiny gevra wat haar asrl was, en Sonja het ewe windgat terug geantwoord dat sy van Neverland was, en as hy nie weet waar dit was nie…dit is north of naughty, south of sexy, east of exotic and west of wicked!”

Hunter het dadelik afgehaak en gesê dat hy sou moes kophou met daardie 4 windrigtings of HY sou dalk glad nie SY Destiny bereik nie.

Marius was nuuskierig om te weet hoe hierdie windgat Destiny lyk en het gevra dat sy haarself aan hom moes beskryf.

‘Hmmm laat ek bietjie dink wat ek vir hierdie vent gaan sê sodat hy so vinnig op die vlug sal slaan, dat dit lyk asof hy homself van agter af gaan inhardloop’ het Sonja gedink en gegrinnik.

Tong in die kies antwoord Destiny vir Hunter en sê “ek is ñ lelike heks met yl dun pers haartjies soos ñ plaaslyn se telefoon gelui…twee kort en twee lank en die res sukkel om deur te kom. Ek het ñ lang dun neus soos ñ verdroogde geelwortel en dit hang op my ken. My ken hang tot op my ‘boobs’ en my ‘boobs’ tot op my maag. My maag hang oor my knieë en my knieë hang tot oor my tone. My toon naels is soos skopgrawe, die boer gebruik my om sy lande daarmee om te ploeg.”

Die mense wat in die kletskamer was het geskree van die lag.

Marius het in sy geestesoog die prentjie van daardie heks gesien. Hy het dadelik besef dat Destiny hom aspris die verkeerde idee wil gee oor hoe sy in werklikheid lyk.

Marius het daarop geantwoord “daardie heks lyk net soos my droomvrou!”

‘Shame die arme man moet desperaat wees dat tot ñ lelike heks vir hom na sy droomvrou lyk’ het Sonja gedink en hardop gelag.

“Watter size skoene dra jy met daardie vreeslike toon naels?” Wou Hunter weet.

Destiny antwoord hom “ñ size 8 maar as my pienk geverfde toon naels geknip is, dan dra ek ñ size 3.”

Geeste Portaal by Flamingcrystal #FREE download http://www.smashwords.com/books/view/589469

Die swaard en die rottang.

Ek is in die middel van die park. Daar is swaaie, glyplanke en rondomalies waarop kinders bedags speel.

Eers sien ek hoe vier mense die twee jong vrouens martel. Al vier hierdie aanvallers het swart pette op.

Om die beurt verkrag die twee mans die vrouens wie se hande en voete met silwer kleef band vasgemaak is, terwyl die derde man met ñ swaard gate oral in al die spiere van die vrouens steek.

Kort kort haal die een met die swaard sy pet van sy kop af om die sweet daarmee van sy voorkop af te vee. Hy is lank. Ses voet iets. Hy het lig blou oë. Sy hare is kortgeskeer. Soos ñ ou wat besig is om bles te raak en dit wil verbloem.

Die ander persoon is nie so groot gebou soos die res van die mans nie, en het ñ masker op.

Soos die tipe maskers wat mens na ñ maskerbal dans dra, wat jou oë beklemtoon en die res van jou gesig wegsteek.

Daardie persoon het hazel groen oë. Byna dieselfde kleur as myne maar sonder die goudspikkels in myne.

Die een met die masker het ñ rottang in die hand. Dit is ñ soepel, buigsame swart rottang met ñ ivoor handsvatsel.

Dieselfde tipe handsvatsel as dié van die swaard.

So asof dit ying yang is en bymekaar pas. Mekaar aanvul. Saam geskep is. Albei veroorsaak verskillende tipes pyn, die een hits die ander aan…

Ek sien dat die blonde vrou reeds dood is maar die twee verkragters gaan nogsteeds aan, sy is soos die vulsel van ñ toebroodjie vasgeknyp tussen die twee mans. Een bo op en een onder haar. Hul gee nie om dat sy alreeds dood is nie! Terwyl haar vleis nog warm is…

Ek sien hoe die een met die rottang die een met die swaard aanhits om weer die jong vrou met die lang swart hare met die swaard te steek.

Hy begin om die swaard deur sy slagoffer se kuite te druk, dan hits die een met rottang hom aan, gee hom ñ paar houe oor sy sitvlak en ek sien hoe dit hom ñ ereksie laat kry, elke keer wat hy die swaard deur die vleis van die vrou druk kry hy ñ verdere paar houe oor sy liggaam.

Sy oë raak grysblou en glasig van genot.

Hy het die swaard 60 keer deur die lyf van die vrou gedruk, hy tel hardop elke steekslag af.

Die vrou begin nou stuiptrekkings te kry. Haar rug trek krom soos die sekelstert van ñ bedreigde kat.

Ek sien hoe die swaard se lem nog ñ paar keer op verskillende plekke deur haar heupe en sye sny. Hoe hy dit aspris baie stadig sentimeter vir sentimeter die lem in haar druk en nog stadiger uit trek.

Die een met die rottang slaan die ou met nou oor sy hande en daarna oor sy voete.

As teken om te stop.

Hy hou dadelik op.

Die persoon met die rottang verwyder die masker en die pet en gooi dit op die grond neer. Lang roesbruin krullerige hare tuimel na benede.

Ek verstar geskok toe ek sien dat dit ñ vrou is.

Hy kniel en plaas die swaard langsaan hierdie vrou se voete neer. As teken dat hy nou heeltemal aan haar genade uitgelewer is.

Sy gooi die rottang langsaan sy swaard neer, gryp die man aan sy ore, ruk hom orent; nader aan haar en soen hom met ñ passie wat vensters sou kon laat toe wasem.

“Kom ons gaan huistoe” sê die man so tussen die soene deur.

Die vrou knik haar kop, en loer na die swaard en na die rottang. “Los dit, hulle ken die pad terug na hulle base” antwoord die man.

Daarna hardloop hulle hand aan hand van die toneel af weg.

Ek sweef bo-oor die twee vrouens en sien dat die swarthaar vrou se borskas nog steeds liggies beweeg soos wat sy asemhaal.

Die ander blonde vrou wat dood is, se verkragters het die pad gevat terwyl my aandag op die man en vrou se gevryery gevestig was.

Dit is skielik pikdonker en groot reëndruppels plof neer wat die stof met so ñ harde slag tref dat dit opskiet boontoe en my in die gesig tref.

Ek moet die aanvallers kry, maar eers wil ek hulp kry vir die aangerande vrou wat nog lewe.

Daar is nou geen bakens sigbaar nie.

Daar is te veel grondpaaie, bokspoorpaaie en deur mense getrapte voetpaaie en alles lyk dieselfde in die donker.

Ek vra God om my hand te vat en my te lei waarheen ek moet gaan, en voel hoe my regterhand gevat word.

Ek vlieg laag oor die bome en kom by n plek waar vier paaie voor my lê. Ek kyk na heel linkerkantste pad en voel hoe my hand yskoud word.

Dadelik voel ek aan dit is nie die rigting waarheen ek moet gaan nie.

Automaties kyk ek daarna heel regs en voel weer hoe my hand yskoud word. Dit is ook nie uit daardie rigting waar ek hulp vandaan sou kry nie.

Ek kyk nou na die twee middelste kleiner paaie en vlieg drie tree vorentoe en huiwer bo die linkerkantste pad. My hand word louwarm.

Ek vlieg agteruit, nader aan die kruising tot by die regterkantse pad. My hand word dadelik vuurwarm. Ek weet dat hierdie pad die een is wat ek moet volg.

Die pad lei deur grotte.

Die volmaan skyn in ñ silwer wit lig deur n gat in die tonnel.

Rondom my is die grotte soos tonnels gegrawe uit grond. Daar is vier tonnels. Drie voet breed en ses voet hoog. Soos grafte uit grond gegrawe, maar rond en nie langwerpig nie.

Ek kies die een heel regs, en ek voel hoe my hand onmiddellik vuurwarm word.

Ek vlieg horisontaal, met my arms voor my uitgestrek en met my maag omtrent twee voet van die bodem af, die middel van die grot binne.

Sodat ek nie perongeluk aan die kante, bodem of bokant moet raak nie. Hordes vlermuise hang onderstebo aan die bokant van die grot.

Die grond aan die bo en sykante klink nie baie stabiel nie, kort kort hoor en voel ek hoe daar handevol grond na benede tuimel.

Die reuk van nat grond gemeng met die reuk van rotte en vlermuise se mis is oorweldigend. Ek druk my neus toe en haal liggies deur my mond asem.

Ek sien hoe groot vet rotte ligvoets en luidkeels piepende wegskarrel oor die grond.

Instinktief volg ek hulle.

Soos die fluitspeler van Hamlet, maar in die geval is dit andersom, ek volg en hulle lei my na die uitgang van die grot.

So ñ paar kilometer verder sien ek polisiemanne aangery kom en stop die voorste voertuig. Ek sê aan die blanke polisieman dat hulle agter my moes aanry tot waar ek aan hulle sou wys waar om stil te hou. Vandaar af sou hulle my dan te voet verder moes volg…

Ek sal hulle gaan wys waar die vrouens is, en ek vra die polisieman dat hy die ambulans helikopter moes skakel vir die vrou wat nog lewe.

Hulle ry agter my aan tot waar hulle die voertuie agterlos. Gou besef hulle dat ek reg was, dat die enigste manier om die aangevalde vroue te bereik vanuit die lug of te voet deur die grotte was.

Nie een van die polisiemanne vind dit vreemd dat ek kon vlieg nie.

Ek is terug in die grot.

Ek kyk om en sien die flitsligte van die polisie manne agter my aankom. Op een of ander manier volg hulle my nie so vinnig soos wat ek gehoop het nie. Dit is of iets hulle stadiger maak. Tog is die lig van hulle flitse wat ek nog agter my sien, gerusstellend.

Toe ek by die grot se bek uitkom staan Cecile, my sussie, ongeveer drie meter vanaf die ingang. Ek vertel haar van die aanvallers. Sy wil saam met my gaan om hulle te gaan soek.

Ek wil nie hê dat sy saam met my moes gaan nie, dit is te gevaarlik, en sy kon nie vlieg nie. Dit sou te stadig gaan as ek saam met haar moes stap.

My rug is te seer vir stap.

Ek sê haar dat ek saam met haar daar vir die polisie manne sou wag. Sy weier dat ons daar wag.

Skielik verskyn die swaard en die rottang en land met ñ sagte plop geluid reg voor ons op die grond.

Voordat ek haar nog kon waarsku dat daardie swaard vervloek is, buk Cecile en tel die swaard op.

“Ousus, vat jy maar eerder die rottang, ek is bietjie vinniger op my voete as jy daarom vat ek die swaard!” Beveel sy my en begin dapper aanstap op die smal voetpadjie.

Ek vlieg nader, land op my voete, en die rottang styg van die grond af op. Ingedagte strek ek my regterhand daarna uit.

Ek wil nie haar alleen laat stap nie, haar nie aan alleen aan haar lot oorlaat nie, en vooruit vlieg nie. Al gaan dit stadiger wees as om te vlieg, kan ek haar nie NOU alleen laat nie.

Solank sy aan my linker hand bly vashou sal sy veilig wees. Sy gryp my hand vas. Ek stap voor.

Dit is effens skemer, kort voor dagbreek.

Ons sien gelyktydig die huis tussen die wilgerbome naby die rand van die spruit raak.

Ek fluister vir haar “ons moet nou versigtig wees.” Sy knik haar kop. Sy is dapper. Sy het mos die swaard in haar hand…

Voetjie vir voetjie sluip ons nader aan die huis. Daar is twee swart, hout deure reg langsaan mekaar.

Voor die linkerkantste deur lê die masker wat die vroulike aanvaller vantevore aangehad het. Dadelik plak ek dit oor my oë.

Ek stoot Cecile agter my in, sodat sy nie van die huis af sigbaar sou wees nie. Sy is die helfte kleiner as ek.

Ek fluister sag “as ek my hand so regop hou, moet jy dadelik stop.” Ons kom nou al nader aan die twee deure.

Ek wys met my vinger voor my mond vir Cecile om stil te wees en beduie dat sy my moes volg na die regterkantste deur wat effens oopstaan.

Sy knik haar kop. Instemmend dat sy stil sou wees en my sou volg, of doodstil sou staan as ek haar sou wys om te stop.

Sy klou nou met beide hande aan die swaard vas en hou dit reguit en gereed voor haar.

Ek bereik die regterkantste oop deur en sien een van die aanvallers hurkend op sy knieë in die kombuis voor iets sit. In my gedagtes hoor ek ñ stem iets aan my fluister, ek hoor duidelik die naam Gerrit en die woord GEVAAR.

Dadelik wys ek vir Cecile om te stop, en dat sy doodstil moes bly staan. Ek skud ook my kop om te beduie sy mag nie alleen by die linkerkantste deur ingaan nie. Weer wys ek haar dat sy moet stop en daar vir my moet wag.

Nie een van ons merk die sekuriteits-wag op wat luiweg teen die muur van die huis geleun staan nie. Hy is in die skaduwee van ñ groot boom gehul.

Sommige van die boom se takke skuur oor die huis se dak. Die klank daarvan is so irriterend soos bordkryt wat doelbewus skuins oor ñ swartbord getrek word.

Met meer moed as wysheid stap ek by die regterkantse deur in en roep na die gebukkende ou “Gerrit?”

Hy gee so skrams kyk eers na die rottang in my hand en daarna na die masker op my gesig en die hazel kleur van my oë en antwoord kortaf “badkamer.”

Ek hou hom dop en sien dat hy in die gang af loer na die eerste deur.

Ek knipoog vir hom en vol bravade knak ek die rottang se punte so na mekaar toe, terwyl ek ondeund glimlag. Ek neem aan dat hy dadelik snap wat die betekenis daarvan is en wat daar op Gerrit in die badkamer wag.

Hy grinnik terug en lek oor sy lippe.

Ek stap by hom verby in die gang af.

Ek maak die badkamer se deur saggies oop.

Gerrit is nie daar nie.

Ek sien die vrou met die lang roesbruin hare in die shower. Sy het my nie gehoor inkom nie. Sy staan met haar rug na my toe.

Op die wasbak se kas staan ñ potplant. Ek gryp die blompot waarin daar ñ varing groei en skuif die stort se gordyn saggies weg. Ek slaan die vrou teen haar kop met die blompot. Sy tuimel bewusteloos op die grond neer.

Ek stap terug en toe ek by die kombuisdeur uitstap staan die wag met die groen khaki klere daar. Daar is geen teken van Cecile of die ou wat in die kombuis was nie.

Die wag kyk na die masker op my gesig en die rottang in my hand en hy sê dadelik, sonder dat ek hom vra, “die een wat netnou saam met jou gekom het, is by daardie deur in.” Hy wys met sy vinger in die rigting van die linkerkantste deur. Ek vra hom “waar is Gerrit” en hy antwoord “hy is ñ rukkie gelede hier uit, net nadat jy met hom in die kombuis gepraat het” en hy beduie na dieselfde linkerkantste deur.

Ek skrik my yskoud.

Ek maak die deur oop en sien da/ar is ñ lang gang. Daar is twee deure links en twee deure regs.

Skielik hoor ek Cecile se stem uitroep. “Wees my genadig!” Dit is duidelik dat sy huil en in pyn verkeer.

Ek vlieg in die gang af in die rigting waar haar stem vandaan kom.

Ek hoor haar weer uitroep “Hê genade!” Haar stem klink hees van pyn.

Ek moet my sussie kry voordat daardie monster haar vermoor!
My hart klop hoorbaar in my keel. My ore suis. My hande bewe uit skok. Ek laat amper die rottang val.

Ek moet daardie monster keer!

Ek hoor my sussie se stem ñ derde keer uitroep en hierdie keer klink dit sag, hortend en na ñ moedelose gepleit… “Genade!” Haar stem kom uit die rigting van die heel laaste deur aan die regterkant van die gang. Ek hoor my sussie se stem ñ derde keer uitroep en hierdie keer klink dit sag, hortend en na ñ moedelose gepleit… “Genade! Ek hoor my sussie se stem ñ derde keer uitroep en hierdie keer klink dit sag, hortend en na ñ moedelose gepleit… “Genade! Hê Ge…” Haar stem kom uit die rigting van die heel laaste deur aan die regterkant van die gang.

Ek ruk die deur oop. Gerrit staan wydsbeen bo-oor my sussie, die swaard is in beide van sy hande vasgeklem, hoog bokant sy kop gelig, hy maak gereed om haar hart te deurboor. Ek hardloop nader en met al my krag slaan ek hom met die rottang oor sy voete. Hy kom onmiddellik uit sy waansinnige, bloedlustige bedwelming en gooi die swaard voor my voete neer. Ek swaai die rottang oor na my linkerhand en met een vloeiende beweging lig ek die swaard van die vloer af en deurboor sy hart.
Ek ruk die masker van my gesig af en gooi dit met geweld van my af weg. My sussie is bewusteloos. Sy haal vlak en baie saggies asem. Dankie Vader, sy lewe nog! Ek tel my sussie oor my skouer en vlieg met haar by die deur uit.
Flamingcrystal Softly Whisper… Die Swaard En Die Rottang.

​​

Die Onskuldige.

©Kopiereg Flamingcrystal
Marlaine Lloyd

Deel 3 uit Geeste Portaal.

Die Onskuldige:

Vicky sien hoe sy deur die lug seil. Sy sien hoe sy al hoe nader aan die TV se skerm kom.

Sy sien hoe die een afskuwelike gesig van die boom in die TV se skerm sy mond wawyd oop rek. “Jou aaklige ding, sit my dadelik neer!” Gil Vicky vir die Gees wat haar al nader aan die TV se skerm bring.

Vicky skop, maar dit baat haar niks. Sy voel hoe haar voorkop aan die TV se skerm raak. Vicky hoor ñ slurp geluid en besef die boom het haar sowaar ingesluk.

Eienaardig sy, voel nogsteeds nie bang nie.

Vicky sien hoe sy kop eerste na die onderkant van die boom val. Sy tol in die rondte, binne in die boom. Vicky windmeul haar arms om haar balans te probeer hou. Dit help nie. Hoe nader sy aan die bodem kom, hoe vinniger tol sy in die rondte. Die bodem van die boom is soos ñ tregter wat haar na onder suig, soos water wat uit ñ bad tap.

Meteens kom sy plat op haar maag te lande op die bodem van die boom. Die slag waarmee sy die bodem tref, slaan haar winduit. Vicky snak na haar asem. Eina Flippit dit was seer brom sy vies.

Sy staan stadig soos ñ ou tante van die boom se bodem af op. Sy beweeg al haar ledemate om te voel of daar nie iets gebreek is nie. Daar is geen merkie op haar nie, nie eens ñ skraapmerkie nie. Eienaardig…

Vicky kyk om haar rond, en sien dat dit byna soos ñ hysbak aan die binnekant van hierdie uitgeholde boom lyk.

Daar is geen opening, of ontsnap-roete, na buite nie. Prewel Vicky ingedagte.

Vicky draai om en sit plat op haar alie. Sy skop woedend teen die kante van die boom. Vicky probeer om ñ gat deur die boom te skop sodat sy kon ontsnap. Dit help, niks. Daar val nie eens ñ splinter af nie.

Skielik hoor sy, ñ ‘click’ gevolg deur ñ whoosh whoosh. Die ‘click’ geluid klink vir Vicky soos dié van ñ sleutel wat ñ slot oopsluit, en die whoosh whoosh geluid soos dié wat die ou staan horlosie in die plaashuis van haar Ouma maak wanneer die ketting onderaan die wysers heen en weer swaai.

Vicky staan van die vloer af op en kyk in die rigting van waar sy die geluid hoor kom het. Sy sien dat daar ñ stuk van die boom se bas aan die binnekant weggeskuif het. Dit is ñ stuk van die boom se bas wat heen en weer voor ñ klein ronde opening swaai.

Vicky staan op haar tone om hierdie opening van naderby te beskou. Sy merk op dat daar 12 gekleurde ronde knoppe binne hierdie opening is.

Genade, die knoppe lyk net soos die kleur wiel, wat in my kamer hang! Roep sy verbaas en kliphard uit.

Vicky wonder wat sou gebeur indien sy een van die knoppe druk.

Sy strek haar hand uit en wonder watter een van die kleur knoppe sy moes druk, wat die boom sou laat oopskuif, soos die rots voor daardie grot waar Alladin, open sesame gesê, en die rots weggeskuif het.

Toe haar hand nader aan die knoppe kom, vibreer die boom. Vicky gil -oh hel nou’s ek in groot moeilikheid, en sy spring agteruit. Die vibrasie hou net so skielik op as wat dit, begin het.

Verbaas sien Vicky dat 11 van die gekleurde knoppe wat voorheen daar was, nou skielik onsigbaar is. Slegs een knop is nou sigbaar. Die witte.

Vicky staan weer op haar tone, en bekyk die knop van alle kante. Dit lyk vir haar heeltemal onskadelik… Sy merk op dat daar nou iets op hierdie knop, geskryf staan. Dit is ñ naam, en daar staan ook iets anders langsaan die naam geskryf.

Die naam van een van haar klasmaats, Lienkie. Langsaan die naam staan: Ego tipe…Die Onskuldige.

Waarom sou haar naam nou juis op hierdie wit knop geskryf staan? Wonder sy.

Sonder om twee-keer daaroor na te dink, strek Vicky haar hand uit en met ñ vingertjie wat bewe van opgewondenheid, druk sy die wit knop.

Meteens begin die vloer van die boom met haar opstyg. Dit kom rukkend en skuddend tot stilstand, en Vicky se maag slaan bollemakiese. Dit voel vir haar presies soos wanneer ñ hysbak op die volgende verdieping tot stilstand kom.

Die boom se bas aan die binnekant skuif groter oop. Vicky stap nuuskiering deur die opening, en merk op dat sy nogsteeds binne in die boom is.

Daar staan ñ tafel in die middel van hierdie deel van die boom. Vicky sien dat daar iets op die tafel lê. Sy stap nader. Vicky leun oor die tafel, en sien dat dit ñ dokument was. Sy tel dit op en lees wat daarop, staan.

Bo-aan staan geskryf: Kontrak aangegaan tussen die Boom Gees, en Vicky Loots.

Vicky se oë rek toe sy lees wat die kontrak bepaal. Die kontrak stipuleer dat sy vanaf die oomblik wat sy aan daardie wit knop geraak het, in ñ Gees verander het.

Vicky lees die volgende paar sinne hardop…Indien jy lewend wil terugkeer na jou moeder, moet jy 12 take suksesvol afhandel. Indien jy, Vicky Loots, nie daarin slaag nie, gaan jy vir ewig vasgevang wees in die gedaante van ñ Gees.

Haar hande, begin effens bewe. Die kontrak val op die vloer.

Vicky sien haar moeder se gesig voor haar, en besef dat dit haar moeder sou verpletter indien sy nie sou terugkeer nie. Al voel dit vir haar soms asof Angelique nie omgee vir haar nie, besluit Vicky dat sy die take gaan doen, terwille van haar moeder.

Vicky buk af. Sy tel die kontrak van die boom se vloer af, op. Sy ruk haarself met mening reg, en kners op haar tande. Daarna gluur sy na die boonste gedeelte van die boom, waar die Boom Gees se onsigbare oë, elke beweging van haar dophou.

Die 12 take wat sy moet uitvoer, het elkeen ñ spesifieke doel. Op die kontrak was daar in ñ swierige handskrif geskryf, dat daar 12 Tipe mense is, en elkeen word deur iets aangedryf of gemotiveer. Elke tipe het hulle eie waardes, betekenisse en persoonlike gewoontes.

Dit word ingedeel, in 3 dele, hulle Ego, Siel en Self…

Vicky wonder waarom hierdie tipe mense en hulle ego, siel en self, so pertinent daar in die kontrak staan. Goeie Genade, moet ek sowaar deur die hele ellelange kontrak lees, gmfff asof ek nie genoeg huiswerk kry, waar ek alles oor en oor moet lees nie? Dink Vicky onvergenoegd.

Vicky neem die glimmende pen wat op die tafel lê, en teken die kontrak.

Vicky staar die kontrak en die pen agterna toe dit meteens deur die lug vlieg en in die niet verdwyn.

Sy is egter nuuskierig om uit te vind hoe dit voel om ñ Gees te wees.

Vicky sien uit na die take.

Sy glimlag eers en daarna ontsier ñ frons haar voorkop, toe sy onthou dat die kontrak bepaal dat sy slegs na die persoon toe kon gaan, wie se naam op die knop staan, en dan dadelik weer terug geteleporteer sou word na die boom. Sy sou dus nie na enige-een kon gaan om hulle net vir die pret, die skrik op die lyf te kon jaag nie.

Binne in die boom hang daar ñ towerspieël. Normaalweg is Geeste onsigbaar in enige spieël, maar beslis nie in hierdie een nie.

Vicky stap nader aan die spieël en sien dat sy ñ wit gedaante het. Dit lyk amper asof daar ñ laken oor haar gegooi is. Slegs Vicky se amandel bruin oë is herkenbaar. Bleh, dink sy dadelik, kon die Boom Gees nie iets meer oorspronkliks gekies het vir my heel eerste taak nie?

Woerts daar verander Vicky in ñ huiswerk-boek.

Vicky hoor ñ harde stem wat van die bo-punt van die boom kom. Sy wip soos sy skrik.

Die stem klink half ongeduldig, en heel duidelik nie lus vir haar tiener tantrums nie. “Vicky Loots… Luister en luister baie mooi, ek gaan dit net een keer aan jou verduidelik.”

Right, laat ek maar luister wat hy te sê het, hy klink half omgekrap”. Dink Vicky en vryf met haar toon oor die boom se vloer.

“Nie alle Geeste tree met ñ spesifieke doel op nie. Die meeste van hulle toon geen teken van enige intelligensie nie…” Die Boom Gees skep asem.

Vicky dink sulke Geeste dommer is as grond en hulle hysbakkies gaan defnitief nie tot heel bo nie. Die ligte is aan maar die mense is nie tuis nie. Sy giggel, saggies.

Die Boom Gees grinnik toe hy Vicky se gedagtes lees.

Hy maak sy stem nou strenger en gaan voort “ñ Voorbeeld hiervan is Geeste wat deur die mure of geslote deure gaan en dit lyk soms of hulle bo of onder die vloer oppervlak staan…”

Vicky val die Boom Gees in die rede. “Wat het dit met my te doen? Al wat ek wil weet is hoe ek die take so vinnig as moontlik kon uitvoer, sodat ek terug huistoe kan gaan!”

Die Boom Gees is onmiddellik kwaad omdat Vicky so ongeskik was om hom in die rede te val. Hy bulder in ñ stem wat 9 op die richterskaal registreer. Die hele boom skud toe hy haar toesnou “Jy is nie nou tussen jou skool maatjies nie. Hier hou jy jou mond en doen wat ek jou aansê om te doen, of ek verander jou in een van daardie onnosele Geeste wat doelloos, vir ewig op aarde, rondsweef!”

Vicky word, yskoud. Sy besef dat sy hierdie keer byna te ver gegaan het, sy sal haar gedagtes van nou af moet beteuel of anders beland sy in groot moeilikheid.

“Ek is jammer, okay. Ek sal myself, in toom hou.” Antwoord Vicky, en kners op haar tande. Dit gaan flippen moeilik wees, dink sy. Die Boom Gees grinnik toe hy sien dat Vicky hierdie keer effens geskrik het.

“Jy gaan nou ñ Gees word, wat gedagte beheer gaan toepas. Deur middel van manipulasie sal jy nou sekere mense teen hul sin, moet oorreed om iets te doen.”

Vicky sit haar hand voor haar mond en met haar vinger tik-tok sy teen haar voortande en rol haar oë. Sy doen dit altyd, wanneer sy ernstig oor iets nadink. “Hoe gaan ek dit regkry?” Vra Vicky toe die Boom Gees weer asem skep.

Die Boom Gees hervat sy gesprek. “Jy sal riglyne ontvang, soos wat jy vorder.” Vicky dink hy klink nou vir my net soos ñ stoomtrein op volle vaart. “Watch dit! Ek hoor wat jy dink.” Vermaan die Boom Gees haar. Vicky sug…

“Vicky jy moet hierdie manipulerende, afbrekende invloed gebruik, sodat jy die persoon kon stroop van sy of haar vermoë om krities of logies te dink”.

Beteken dit dat ek hulle onafhanklikheid gaan wegneem, en as ek my vingertjies klap, gaan hulle spring om te doen, wat ek hulle, beveel? Wonder Vicky en kry ñ ondeunde glinstering in haar oë.

Hmm … Dit klink interessant dink, Vicky met ñ breë glimlag.

Die Boom Gees grynslag. Hy het beslis ñ uitstekende kandidaat vir hierdie take gekies.

Juis omdat Vicky geen vrees teenoor die Geeste in haar slaap kamer getoon het nie, het hy haar gekies. Die skoenlapper is een van die Boom Gees se gesante wat hy uit stuur om na die regte, vreeslose, kandidate te gaan soek.

Geeste wat die Boom Gees kon oplei, om as helpers sy taak op aarde uit te voer.

“Jy gaan voordeel trek wanneer jy agterkom wat hierdie mense se swakhede is, dan sal jy daarin kan slaag om hulle te manipuleer.” Die Boom Gees se stem dreun voort in ñ bedwelmende, hipnotiese stemtoon…

Vicky, wonder hoe op aarde sy dit sou regkry.

“Onthou Vicky, jy sal dit so subtiel moet doen dat die individu nie bewus gaan wees van die invloed wat jy op hulle gaan uitoefen nie. Jy sal hulle op die ou einde moet laat glo dat dit wat hulle doen, of hulle aksies hulle eie besluite was.”

Vicky, vryf haar hande in afwagting.

Sy weet dat gedagte beheer groter invloed op ñ mens het, as net doodgewone breinspoeling. Vicky wonder waar hierdie skielike kennis wat sy nou oor gedagte beheer en breinspoeling het, vandaan kom.

Word vervolg…